fbpx

Hoërskool Wesvalia – Vakante onderwysposte

Poste beskikbaar 4

Die volgende Beheerliggaamposte is tans beskikbaar vir aanstelling op 1 Januarie 2020.

Skool:  Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, Noordwes

Medium van onderrig:  Afrikaans

Kandidate moet oor die nodige toepaslike kwalifikasies (minstens 2de jaar universiteitsvlak) in die geadverteerde poste beskik om tot graad 12 effektief op hoë standaard onderrig te kan gee.  Kandidate moet gemotiveerd wees, die skool se visie, missie en etos onderskryf en bereid wees om op buite-kurrikulêre gebied effektief betrokke te wees.

Die volgende sal as aanbeveling dien vir die geadverteerde poste:

  • Opleiding in afrig en/of skeidsreg van sport of kultuuraktiwiteite
  • Goeie vak- en ander administratiewe vaardighede
  • Kennis en ervaring van klaskamertegnologie en rekenaarvaardigheid

Rig aansoekvorm (by skool beskikbaar; tel 018-468 1023), volledige CV, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, ID-dokument, SARO-registrasie, 2 x referente en ander relevante inligting aan:

Die Skoolhoof
Hoërskool Wesvalia
E-pos:  [email protected]      

Sluitingsdatum: 15 November 2019 om 14:00

Indien u teen Donderdag, 21 November 2019 geen inligting vanaf die skool ontvang nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol.

Onderwysposte beskikbaar:

  1. Geografie graad 10 – 12
  2. Fisiese Wetenskap graad 8 – 12

Nie-onderwyspos beskikbaar:
Skoolbemarker en fondswerwer
(Vorige bemarkingservaring sal as sterk aanbeveling dien)


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags


Lees meer...