Hoof van die Departement Pre-primêr by Jan Celliers Laerskool

Jan Celliers is ‘n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg en is geaffilieer by ISASA. Die medium van onderrig is Afrikaans.

‘n Bestuurspos as Hoof van die Departement Pre-primêr is beskikbaar vir ‘n ervare, uitstekende, passievolle onderwyseres vanaf 1 Januarie 2020.

Posvereistes

  • ‘n Toepaslike kwalifikasie in spesifiek Voorskoolse Onderrig.
  • ‘n Bewese rekord van goeie bestuursvaardighede in ‘n Pre-primêre omgewing.
  • Uitstekende menseverhoudings, adminstratiewe- en organisatoriese vaardighede.
  • Besondere vlak van toewyding en liefde vir jong kinders.
  • Vermoë om ‘n span te lei en in ‘n span saam te werk.
  • Passie om Jan Celliers kleuterskool tot ‘n hoër vlak te lei.
  • Voordurende monitering van standaard teenoor internasionale tendense.

Aansoekvorm is beskikbaar op http://www.jancelliers.co.za/ en moet vergesel word met ‘n kort CV en gestuur word na [email protected] of faks dit na 011 646 4203.

Vir verdere navrae, skakel 011 486 1042,

Sluitingsdatum is Donderdag, 8 Augustus.


Tags


Lees meer...

Gesels met ons