JAPIE_Stempel_klein

Dr. Japie van Zyl Robotikavereniging (JAPIE)

JAPIE is vernoem na Dr. Japie van Zyl, gewese direkteur van NASA se Solar System Exploration.

Die vakvereniging leer onderwysers om robotika en kodering binne hulle bestaande kurrikulum te inkorporeer. Praktiese opleiding word by middagseminare, webinare en eendagseminare aangebied.

Hoof: Hugo Vermeulen

SOS-verenigings: Algemene inligting

Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.

Koste van lidmaatskap aan verenigings:

  • Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vereniging, per jaar: R239

Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

  • Sudent/onderwysassistent: R116

Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde – R201 per kursus vir nie-lede)
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
  • Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.

Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].

Sluit vandag aan by JAPIE