Laaste bywerking: 2021-06-29
1. INLEIDING
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is daartoe verbind om die privaatheid van kinders wat ons webwerwe en toepassings gebruik, te beskerm. Hierdie beleid verduidelik hoe inligting ingesamel en openbaargemaak word, en hoe toestemming van ʼn ouer of ouers verkry word ten opsigte van inligting wat deur kinders onder die ouderdom van 18 jaar ("kind" of "kinders") verskaf word. Hierdie beleid gebruik ook terme en definisies wat uiteengesit word in die Algemene Privaatheidsbeleid.
2. DIE INLIGTING VAN KINDERS, HOE ONS DIT GEBRUIK EN HOE EN WANNEER ONS MET OUERS KOMMUNIKEER
2.1 Die SOS bied aan sy gebruikers 'n verskeidenheid webwerwe en toepassings, waarvan sommige hoofsaaklik gerig is op kinders, en ander wat bedoel is vir gebruikers van alle ouderdomme en gesinne.
2.2 Ons webwerwe en toepassings bied 'n verskeidenheid aktiwiteite, insluitende aktiwiteite wat inligting van kinders kan insamel.
2.3 In enige geval waar ons persoonlike inligting van 'n kind insamel, behou ons die inligting slegs solank as wat dit nodig is om aan ʼn versoek te voldoen of die kind toe te laat om aan ʼn aktiwiteit deel te neem.
2.4 As ons ontdek dat ons inligting van 'n kind op 'n wyse verwerk wat nie in ooreenstemming is met die toepaslike wetgewing nie, sal ons die inligting uit die SOS se rekords verwyder of onmiddellik die ouers se toestemming vir sodanige verwerking verso
3. REGISTRASIE
3.1 Kinders kan in baie gevalle op ons webwerwe registreer of toepassings aflaai om inhoud te sien, aan wedstryde deel te neem, en spesiale inligting te bekom.
3.2 Tydens die registrasieproses kan ons die kind vra om sekere inligting vir kennisgewing en sekerheidsdoeleindes te verskaf, insluitend 'n ouer of voog se e-posadres, die kind se voornaam en geslag, en die kind se gebruikersnaam en wagwoord.
3.3 Ons sal nie ouers se e-posadresse wat vir ouerlike toestemmingsdoeleindes voorsien word, vir bemarking gebruik nie, tensy die ouer uitdruklik daartoe ingestem het.
3.4 Ons beveel kinders sterk aan om nooit persoonlike inligting in hul gebruikersname te gebruik nie.
3.5 Let asseblief daarop dat kinders kan kies of hulle inligting met ons wil deel, maar sekere funksies kan nie sonder die inligting funksioneer nie. As gevolg hiervan kan kinders nie toegang tot sekere funksies hê as die nodige inligting nie verskaf word nie.
3.6 Ons sal nie van ʼn kind verwag om meer inligting te verskaf as wat redelikerwys nodig is om aan 'n aanlyn aktiwiteit deel te neem nie.
3.7 In ooreenstemming met die vereistes van die wet, in enige geval waar ons ʼn ouderdom vra en vasstel dat die gebruiker 18 jaar of jonger is, sal ons 'n ouer of voog se e-posadres vra voordat ons enige persoonlike inligting van die kind versoek.
3.8 As u glo dat u kind aan 'n aktiwiteit wat persoonlike inligting insamel, deelneem en u of 'n ander ouer/voog NIE 'n e-pos ontvang het wat u toestemming versoek het nie, is u welkom om ons by [email protected] te kontak.
4. INHOUD GEGENEREER DEUR 'N KIND
Sekere aktiwiteite op ons webwerwe en programme laat kinders toe om inhoud te skep of te manipuleer en dit te stoor. Hierdie aktiwiteite vereis nie van kinders om enige persoonlike inligting te verskaf nie. Ons beveel sterk aan dat kinders nooit persoonlike inligting in hul inhoud verskaf nie.
5. VERWYSBARE OUERVERGUNNING
In die geval waar die SOS persoonlike inligting van 'n kind wil insamel, vereis die POPI-wet (“Protection of Personal Information Act”) dat 'n ouer of voog eers daarvoor toestemming moet gee. Die SOS sal dus nie persoonlike data van ‘n kind insamel en prosesseer alvorens ‘n ouer/voog toestemming daartoe verleen nie. Ter wille van ‘n soomlose oorgang vir opvoedkundige doeleindes sal persoonlike inligting wat wel voor die inwerkingtreding van die POPI-wet (1 Julie 2021) ontvang is, behou word met ‘n kennisgewing tot dien effek aan ouers, asook met instruksies hoe om sodanige inligting te (laat) verwyder indien hulle dit sou verkies.
6. E-POSKONTAK MET 'N KIND
6.1 Die SOS moet dalk by geleentheid, om op 'n vraag of versoek van 'n kind te reageer,
die kind se aanlyn kontakinligting, soos 'n e-posadres, versoek.
6.2 Die SOS sal hierdie inligting onmiddellik vanaf die die SOS databasis uitvee nadat daar op die vraag of versoek gereageer is.
6.3 Met sekere aktiwiteite of dienste kan ons 'n kind se aanlyn kontakinligting, soos 'n e-posadres, verkry om meer as een keer met die kind te kommunikeer. In sulke gevalle sal ons net die kind se aanlyn kontakinligting behou om die versoek te eerbiedig en vir geen ander doel, soos bemarking, gebruik nie.
6.4 Wanneer ons 'n kind se aanlyn kontakinligting vir deurlopende kommunikasie insamel, benodig ons terselfdertyd 'n ouer/voog se e-posadres om die ouer of voog van die insameling en gebruik van die kind se inligting te verwittig, asook om die ouer die geleentheid te bied om verdere kontak met die kind te voorkom.
6.5 By sommige geleenthede mag 'n kind by meer as een deurlopende kommunikasie betrek word, en 'n ouer moet oor elke individuele kommunikasie verwittig word.
7. “PUSH NOTIFICATIONS”
7.1 “Push notifications” is kennisgewings op mobiele en ander toestelle wat tipies verband hou met afgelaaide programme, en wat met die toestel se eienaar of gebruiker kan kommunikeer, selfs wanneer die program nie gebruik word nie.
7.2 Ons sal van 'n kind verwag om 'n ouer se e-posadres te verskaf voordat die kind ‘n “push notification” mag ontvang.
7.3 Ons sal verder die ouer in kennis stel van ons kontak met die kind en sal die ouer die geleentheid bied om verdere kennisgewings te verbied.
8. WANNEER INLIGTING VAN KINDERS BESKIKBAAR GEMAAK WORD AAN DERDE PARTYE
8.1 Behalwe vir seldsame gevalle waar 'n kind se persoonlike inligting in die openbaar geplaas word (na ontvangs van ouerlike toestemming), kan ons ook persoonlike inligting van kinders in 'n beperkte aantal gevalle insamel, insluitend die volgende:
8.2 Ons mag persoonlike inligting bekend maak indien dit toegelaat of vereis word deur die wet, byvoorbeeld in reaksie op 'n hofbevel of dagvaarding.
8.3 Ingevolge toepaslike wetgewing kan ons (i) persoonlike inligting wat van kinders ingesamel is, openbaar maak in reaksie op 'n versoek vir wetstoepassing of aan ʼn openbare agentskap (insluitende skole of kinders); (ii) indien ons glo openbaarmaking die optrede van 'n misdaad kan voorkom, 'n ondersoek in verband met openbare veiligheid kan fasiliteer of die veiligheid van 'n kind kan beskerm deur gebruik te maak van ons webwerwe of toepassings; (iii) die sekerheid of integriteit van ons webwerwe, toepassings en ander tegnologie, asook die tegnologie van ons diensverskaffers beskerm; of (iv) ons in staat stel om voorsorgmaatreëls teen regsaanspreeklikheid te tref.
9. OUERKEUSE EN -BEHEER
Ouers kan enige tyd weier om ons toe te laat om verdere persoonlike inligting van hul kinders in samewerking met 'n bepaalde rekening te insamel en kan versoek dat ons die persoonlike inligting wat ons in verband met daardie rekening ingesamel het, uit ons rekords verwyder. Hou in gedagte dat 'n versoek om rekords te verwyder, kan lei tot 'n beëindiging van 'n rekening, lidmaatskap of ander diens. Kyk asseblief die Vorm vir die Herroeping van Toestemming.
In enige geval soos pos of e-pos, sluit asseblief die kind se gebruikersnaam en die ouer se e-posadres en telefoonnommer in. Om die kind se privaatheid en sekerheid te beskerm, sal ons redelike stappe neem om die ouer se identiteit te verseker voor ons enige toegang tot persoonlike inligting toelaat.
10. VERANDERINGS AAN HIERDIE PRIVAATHEIDSBELEID
Van tyd tot tyd kan ons hierdie privaatheidsbeleid verander om nuwe tegnologie, bedryfspraktyke, regulatoriese vereistes of ander doeleindes te akkommodeer. Dit is u verpligting om gereeld te kontroleer of die beleid verander het.
11. ONS BESONDERHEDE
- Hierdie webwerf word besit en bedryf deur die Skoleondersteuningsentrum
- Ons is geregistreer in Suid-Afrika onder registrasienommer 2018/625355/08, en ons geregistreerde kantoor is by Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion, 0157
- Ons hoofkantoor is by Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion, 0157
- U kan ons kontak:
- per pos aan Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion, 0157;
- gebruik die kontakvorm op die webwerf;
- per telefoon by 012 612 0234;
- per e-pos by [email protected];
12. INLIGTINGSBEAMPTE
- Naam: Leon Fourie
- Telefoonnommer: 012 612 0234
- E-posadres: [email protected]