Kom luister na Blouwillem by ons kongres

Blouwillem is ‘n voorheen bevoordeelde, tans geseënde middeljarige wat omtrent ooral in die land gebly het omdat sy pa ‘n polisieman was. Alles beleef het omdat hy getroud is, drie kinders en nege honde grootgemaak het, ‘n gebuigde sleepwa besit en ‘n huisverband het wat jaarliks groter word. Hy was al assistentstoker op ‘n trein, spioen, skakelbeampte en bemarker.

Uitstekende sprekers is egter nie al wat jou inwag by ons heel eerste Vrystaatse onderwyskongres nie. Meer as 90 sessies deur vakspesialiste, ervare onderwysers en motiveringsprekers sal verseker dat daar iets is waarby jy kan baatvind.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is deel van die Solidariteit Beweging en bied reeds sewe jaar die land se GROOTSTE Afrikaanse Onderwyskongres in Kaapstad en Pretoria aan. En omdat ons graag elke Afrikaanse onderwyser wil bystaan, bied ons dit vanjaar vir die EERSTE keer in Bloemfontein aan.

Die kongres vind sommer vroeg in die jaar plaas op 22 en 23 Februarie by die Hoërskool Jim Fouche. Onderwysers kan uit sowat 90 inligtingsessies deur vakspesialiste en onderwyskenners kies om by te woon.

Gassprekers sluit in die humoristiese rubriekskrywer Blouwillem, lewensafrigter Claude Moller, Rian Truter, ‘n motiveringsspreking en oud-onderwyser en Flip Buys, hoof van die Solidariteit Beweging.

Die SOS se vakspesialiste bied ook 90 waardevolle opleidingsessies in Wiskunde, Afrikaans, Rekeningkunde en Fisiese en Lewenswetenskappe aan. Ander onderwerpe soos Leierskap en Tegnologie word ook deur kenners bespreek.

Die koste is R1 600 vir SOS-lede van vakverenigings en R2 100 vir nie-lede.

Klik hier indien jy belangstel.

Dr. Danie Brink, hoof van die SOS, beskryf die onderwyskongres as ’n “koopsentrum” van inspirasie en inligting vir onderwysers. “Onderwysers se vakkennis is ’n baie belangrike veranderlike in kinders se akademiese prestasie,” sê Brink. ”Die SOS poog om onderwysers in te lig en te inspireer. Omdat vakkennis, pedagogiese kennis en die variasies tussenin so ’n komplekse veld is, baat onderwysers altyd by bykomende opleiding.”

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.