KOPSKUIF OPSTELKOMPETISIE: Die skool van die toekoms

2022-06-08

Jana Terblanche

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se nuwe afdeling: Onderrig en Leer, het in samewerking met GeRAT, die Afrikaanse vakvereniging van die SOS, bogenoemde opstelkompetisie uitgeskryf. Ons was verras met die hoeveelheid inskrywings (110), asook die gehalte van die skryfwerk van jonk tot oud en wil graag elke opstelskrywer bedank vir hul deelname.

Dit is met groot genot dat ons die wenners van die verskillende kategorieë aankondig!

Laerskool: Melissa Zeelie, Gr.7-leerder van Laerskool van Reede
Hoërskool: Miné Hermann, Gr.12-leerder van Afrikaans Hoër Meisieskool
Onderwyser: Carmen Henning, Wiskunde onderwyser van Hoërskool PJ Olivier
Ouer: Frans Labuschagne, Ouer van Laerskool Hennopspark

Bogenoemde skrywers het die beste aan die kriteria van die rubriek voldoen, nl. om met kreatiwiteit en insig oor die volgende aspekte te skryf:

Kurrikulumsamestelling, ontwerp van die skoolgebou, die rol van onderwysers en tegnologie, asook die toekomsvisie ten opsigte van skole van die toekoms.

Om meer uit te vind oor die visie wat die SOS het ten opsigte van skole van die toekoms, kan die volgende Bottelbriefies gelees word wat ook al in Maroela Media gepubliseer is.

Ons wenners se opstelle kan gelees word deur op hul name te kliek. Die wenners moet asseblief ‘n e-pos aan Jana Terblanche ([email protected]) stuur om hul wengeld op te eis.

Afrikaans Onderwysers (HT en EAT, gr.4-12) kan groot baat vind deur by GeRAT aan te sluit @ slegs R288 per jaar. Daarvoor ontvang hul uitstekende hulpbronne soos werkkaarte, PowerPoints, toetse en eksamenvraestelle opgestel volgens die KABV-riglyne. Gaan registreer op onderwysers.co.za

Gesels met ons