Korona-krisis en Wolkskool: Gereelde vrae
Met streng afsonderingsmaatreëls wat gisteraand deur Pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is om die Korona-pandemie te beveg, is ouers, skole en onderwysers bekommerd oor die impak wat dit op leerders se skooljaar gaan hê.
Skole sal moontlik nie voor 20 April weer heropen nie – wat beteken minstens 15 wat skooldae verlore is.
Gratis Wolkskool tydens Korona-krisis:
Gereelde vrae
Wie is Die Wolkskool? ExpandDie Wolkskool is ‘n inisiatief van die Skoleondersteuningsentrum (SOS), ‘n organisasie sonder winsoogmerk, wat deel is van die Solidariteit Beweging. Die SOS beywer hulleself vir die bevordering van gehalte-onderrig in Afrikaans.
Die Wolkskool het gratis toegang aan leerders verleen tot 30 Junie. Hoe kan Wolkskool leerders wat tuis sit, help? ExpandIn samewerking met Solidariteit het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) reeds hulle gevestigde aanlyn platform, Die Wolkskool, gratis beskikbaar gestel as hulpmiddel aan leerders. Die Wolkskool is tot 30 Junie 2020 gratis beskikbaar en bied volledig-ontwikkelde inhoud vir Wiskunde en Wetenskap van Graad 4 tot 12.
Wolkskool is eerstens ontwikkel om skole en onderwysers by te staan met vervlegte leer en die optimale benutting van tegnologie, hoewel dit in nood ook vir tuisonderrig benut kan word. Daarom wil ons skole aanmoedig om te registreer, sodat onderwysers se rol in fasilitering van die leerproses behou word.
Watter leerinhoude word gedek? ExpandAlle lesinhoude word volgens die KABV (CAPS) deur professionele onderwysers opgestel. Die Wolkskool-inhoud word stelselmatig meer en beter namate materiaal vir vakke en grade aangevul word.
Tans word die volgende vakke en grade aangebied:
- Wiskunde Graad 4 – 12
- Fisiese Wetenskappe Graad 10 – 12
- Lewenswetenskappe Graad 11 – 12
- Natuurwetenskappe Graad 4 – 7
- Afrikaans Huistaal Graad 7 en 12
Vanaf 31 Maart tot 9 April 2020 sal die Wolkskool, deur middel van regstreekse uitsendings, lesse vir Graad 12-leerders beskikbaar maak om te verseker dat Matrikulante op datum bly met hulle studies.
Daar sal daagliks ’n vaste rooster gevolg word en fokus op agt kernvakke:
Wiskunde
Lewenswetenskap
Afrikaans Huistaal
Fisiese Wetenskap
Besigheidstudies
Rekeningkunde
Wiskundige Geletterdheid
Hoe kan leerders of hulle ouers registreer vir die diens? ExpandOm toegang tot Die Wolkskool te verkry volg die onderstaande eenvoudige stappe:
- Registreer hier: https://wolkskool.co.za/registreer
- Voltooi die nodige inligting
- By “kies asseblief jou rol” selekteer jy “leerder” en kliek dan op “skep rekening”
- Klik op “klaskamers”
- Klik op “OnsSkool”
Geniet die Gratis toegang tot 30 Junie 2020
Is daar ‘n Engelse aanbod van Die Wolkskool? ExpandDie SOS glo in die waarde van moedertaal onderrig, dus fokus Die Wolkskool daarop om ook gehalte, aanlyn onderrig in Afrikaans aan te bied.
Daar is internasionaal en plaaslik verskeie aanlyn opsies in Engels beskikbaar.
Indien julle skool parallelmedium is, en soortgelyke ondersteuning aan jul Engelse leerders wil voorsien, is daar ’n paar goeie Engelse opsies beskikbaar vir leerders:
- https://e-academyonline.co.za/
- https://pocketacademy.co.za/
- https://mathsbuddy.co.za/
- https://m.siyavula.com/
- https://www.mytopdog.co.za/
Die Wolkskool begin binnekort met Engels (Eerste Addisionele Taal) om aan dié behoefte van Afrikaanse leerders te voldoen.
Enige ander vrae? ExpandBesoek gerus die onderstaande bladsy met algemene vrae en antwoorde: https://skole.co.za/wolkskoolvrae/