Kleuterskoolvereniging (KV)

Vir onderwysers van Vroeë Kinderontwikkelingsentrums (Departement van Maatskaplike Ontwikkeling) sowel as kleuterskole verbonde aan skole (Departement van Onderwys). Die vereniging dek spesifiek die eiesoortige terrein van onderwysers wat skoolhou vir kinders tussen ouderdomme 0 en 6-jaar.  Hierdie vereniging sal baie nou skakel met die reeds bestaande Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) wat op die behoeftes van die Gr.1-3 onderwysers sal bly fokus.

Hoof: Marnelda de Beer

As gevolg van stelselaanpassings vir die nuwe vereniging kan u nog nie op onderwysers.co.za registreer nie. Gee asseblief u besonderhede hieronder en ons sal u kontak met stappe wat verduidelik hoe om te registreer.

Aansoek om lidmaatskap van die Kleuterskoolvereniging

SOS-verenigings: Algemene inligting

Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.

Koste van lidmaatskap aan vakverenigings:

  • Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vereniging, per jaar: R239

Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

  • Sudent/onderwysassistent: R116

Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde – R201 per kursus vir nie-lede)
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
  • Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.

Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].