Laerskool Du Preez van Wyk kry ‘n nuwe hoof!

Ses maande nadat die geliefde hoof Erhard Krüger afgetree het, het die Laerskool Du Preez van Wyk uiteindelik ‘n nuwe hoof wat bekwaam is om sy skoene te vul.

Dit was maande se wag en wonder, maar Dupies is baie trots om aan te kondig dat mnr Gerhard Engelbrecht op 1 September die amp as hoof betree het. 

Mnr Engelbrecht is Vrydag amptelik as hoof ingelyf, nadat hy met ‘n helikopter op die skool se rugbyveld geland het. Hy is die skool se kleurbaadjie gegee om aan te trek, waarna hy die skool toegespreek het.

Engelbrecht se aanstelling
Leerders van die Laerskool Du Preez van Wyk wag hul nuwe hoof op die rugbyveld in.

Mnr Engelbrecht was voorheen adjunkhoof van Laerskool Anton van Wouw en ook voor dit werksaam by Laerskool Hennopspark. Leerders wat in die verlede deur sy hande is, onthou hom nou nog vir sy inspirerende leierskap en liefde vir kinders.

Dupies wil vir mnr Engelbrecht en sy gesin hartlik verwelkom in Dupieland en hom bedank vir sy bereidwilligheid om ons “geoliede masjien” aan die beweeg te hou. “Ons wil graag saam met mnr Engelbrecht, ‘met ons groen en wit en blou’, die toekoms van Afrikaanse onderwys bou.”

Die personeel en elke Dupie-leerder is slaggereed om saam met mnr Engelbrecht te ‘Streef en Stry’, om kinders van gehalte te vorm om hul plek vol te staan in die toekoms van ons land.

Die SOS wil mnr. Gerhard ook gelukwens en verwelkom by ons Leierskapsvereniging, waarvan hy ook voorts sal deel wees.

Engelbrecht se aanstelling 2
Meneer Gerhard Engelbrecht land op die rugbyveld voor hy amptelik as hoof van Laerskool Du Preez van Wyk ingehuldig is.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags

Laerskool Du Preez van Wyk, Nuwe hoof


Lees meer...

Gesels met ons