Leer hoe om ‘n toespraak te skryf

2022-05-31

Is jy ’n onderwyser wat redenaars moet afrig, ’n mamma wat moet help toesprake skryf of ’n passievolle redenaar wat graag ’n wen-praatjie wil lewer? Dan is Skryf ’n Toespraak net wat jy nodig het!  Hierdie praktiese en prettige eendagwerkswinkel vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18 gaan die manier waarop jy jou toesprake benader vir altyd verander.  

Dit word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaars-afrigter, Erica Dannhauser. Die werkswinkel fokus op al die bestanddele wat nodig is om ’n uithaler-toespraak te skep. Dit is die ideale werkswinkel vir skoliere, onderwysers of ouers wat graag op ’n praktiese en prettige manier hulle toespraakvaardighede wil opskerp.  

Skryf ʼn Toespraak is ʼn praktiese eendagwerkswinkel, vir leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18, fokus op al die bestanddele wat nodig is om ʼn uithaler-toespraak te skryf. Dit vind op 30 Julie 2022 op Akademia se Centurion-kampus plaas en word aangebied deur Afrikaans Hoër Meisieskool se gewilde redenaars-afrigter, Erica Dannhauser

Sodra deelnemers registreer, sal hulle ʼn e-pos met verdere instruksies ontvang. Die inskrywingsfooi sluit ’n ligte ontbythappie en middagete in. Leerders wat die opleiding voltooi, sal ʼn sertifikaat van Skryfnet ontvang. Inskrywings vir hierdie werkswinkel sluit op 25 Julie 2022. 

Skryf ‘n toespraak is ontwikkel en aangebied deur Erica Dannhauser

Formaat: Aanlyn werkswinkel
Datum: 31 Julie 2022
Gemik op: leerders tussen die ouderdomme van 12 en 18
Prys: R650 per persoon (10%-afslag vir groepe van 5 of meer) 

Vir groepbesprekings kontak [email protected].

Gesels met ons