fbpx

Leer jou skool kinders van robotika?

Die vierde industriële rewolusie is hier en vra innoverende en vernuwende denke oor hoe ons ons kinders op die toekoms voorberei.

Is jou skool gerat om leerders met die broodnodige vaardighede toekomsgerig op te lei?

Die SOS se Robotika-seminaar in Pretoria en in die Kaap, is die ideale geleentheid om die tegnologiese wonderwêreld speel-speel vir leerders te ontsluit.

Angela B. Harris kom spesiaal van die VSA af om haar kennis met u te deel. Moenie hierdie besonderse geleentheid misloop nie – met trots aangebied in samewerking met Sol-Tech.

Hoogtepunte van die program sluit in:

’n Werksessie oor Sphero SPRK – die ideale wegspringplek vir die wêreld van robotika. Ons leer in hierdie sessie elementêre programmeringsvaardighede en ontdek hoe om dit in die klaskamer toe te pas.

Werksessie oor Ozobots & Evobots –  ervaar hoe hierdie klein robotte deur leerders van alle ouderdomme geprogrammeer kan word.

Werksessie oor WeDo Lego 2.0 – maak gebruik van WeDo Lego 2.0 om tegnologie in jou lesse te integreer en daarmee jou gewone instruksie te verbeter.

Werksessie oor Bluebots en Parrot Mambo Drones – na hierdie sessies sal jou lesse opstyg met die hulp van programmeerbare bluebots en hommeltuie!

Gauteng seminaar
Datum: 29 & 30 Julie 2019
Plek: Hoërskool Menlopark
Tyd: 14:30 tot 17:15 (al twee dae)
Koste: R500

Wes-Kaap seminaar
Datum: 31 Julie en 1 Augustus 2019
Plek: Hoërskool Stellenbosch
Tyd: 14:30 tot 17:15 (al twee dae)
Koste: R500

Registreer vir Robotika

  • Naam en VanSkoolnaamTelefoonnommerE-posadresSACE-nommerID-nommerVak wat u aanbied 

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.