Wat bied die SOS aan leerders

Ontdek ’n nuwe manier van leer met Wolkskool

Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en assesserings in 8 laerskool- en 16 hoërskoolvakke – in Afrikaans.

Leer by die beste

Inhoud is opgestel deur meesteronderwysers

Meer op een plek

Kry toegang tot videolesse, vraestelle, werkkaarte met memorandums en aanlyn assesserings

Leer in jou taal

Hoëgehalteonderrig in Afrikaans

Droom groot met SOS en Wolkskool

Wolkskool is ʼn inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat deel vorm van die groter Solidariteit Beweging. Hierdie niewinsgewende organisasie streef daarna om gehalteonderrig in Afrikaans te bevorder. Dit bied uitgebreide inhoud wat aansluit by die amptelike KABV-kurrikulum van Suid-Afrika en is gerig op vervlegte leer.

Leer in jou taal

Hoëgehalteonderrig in Afrikaans

Leer teen jou eie pas

Ons platform bied videolesse, aanlyn assesserings, werkkaarte, aflaaibare werkboeke, flitskaarte, oefenvraestelle en meer. Hierdie hulpmiddels stel leerders in staat om in hul eie tyd en teen hul eie pas deur die materiaal te werk, wat selfgerigte leer bevorder.

Hulpbronne en gebeure

Teken in op ons nuusbrief