SOS-lidmaatskapopsies

Individuele aanbod

Onderwysers

R

190

/pm

Sluit aan by Solidariteit se Onderwysernetwerk en kry boonop toegang tot: 

  • Al die SOS-hulpbronne
  • Die Wolkskool
  • Toegang tot die Vraagbank
  • Bywoning van seminare teen lidfooi 
  • Gratis webinare en slypskole 
  • SARO-bywoningsertifikate

Individuele aanbod

Leerders

R

135

/pm

Sluit aan by Die Wolkskool as individuele leerder.

  • Hersien spesifieke lesdele
  • Gebruik Die Wolkskool as ekstra klas en spaar!
  • Wissel maklik tussen grade
  • Kry onmiddelik terugvoer d.m.v. kort assesserings
  • Kom voorbereid in die klas in!

SOS-lidskoolpakket

Kry toegang tot die SOS se verenigings/raadsale.

  • Kry toegang vir al die onderwysers in die skool deur een van die SOS se pasgemaakte Lidskoolpakkette
  • Kry toegang tot al 15 SOS-vakverenigings
  • Kry toegang tot die volle Wolkskool-platform se inhoud en hulpmiddels soos Die Vraagbank.

Wolkskoolpakket

Vir meer inligting stuur 'n e-pos aan:

[email protected]

Verhoog jou skool se bestaande waarde-aanbod aan ouers.

  • Kry toegang vir al die leerders in die skool
  • Volledige KABV-inhoud
  • Duisende videolesse, e-kaarte en assesserings in 31 skoolvakke
  • Bruikbare verslae vir onderwysers en ouers
  • Ekstra hulpbronne vir onderwysers
  • Verlig die druk op onderwysers
  • Maak Omgekeerde klaskamer en Stasierotasie as moderne onderrigmetodes moontlik

Vrae en antwoorde:

1. Kan skole as geheel aansluit by die SOS-verenigings?

Skole kan as geheel aansluit by SOS se vakverenigings. Ons vorige onderwysersplatform word geïntegreer met Die Wolkskool-platform, wat addisionele voordele en ’n meer gebruikersvriendelike ervaring gaan bied.

2. Waar sal skole kan registreer?

Die SOSV of skakelpersoon van die skool sal steeds op onderwysers.co.za kan gaan registreer of op die skakels van ons hoofwebwerf by skole.co.za.

3. Watter personeellede van ’n skool kan/moet registreer?

Alle onderwysers, administratiewe personeel en bystandpersoneel kan registreer aangesien daar vir hul almal unieke voordele aan verbonde is. 

Met registrasie sal daar ’n skakel na ’n aanlyn vorm wees waarop elke personeellid se besonderhede voltooi moet word. Die skool se SOSV óf genomineerde kontakpersoon wat die registrasie namens die skool gaan behartig, moet asseblief al die nodige inligting invul.

Indien inligting nie volledig voltooi is nie, sal dit die toegangsproses tot die nuwe platform vertraag.

Inligting wat verlang word vir aansluiting: Naam & van; ID-nommer; selfoon-nommer; SARO/SACE-nommer; e-posadres en posisie.

4. Hoe sal betaling werk?

Sodra die aanlyn registrasieproses voltooi is sal jy onmiddelik per e-pos ‘n proforma-faktuur ontvang volgens die pakket-opsie wat jy gekies het, asook die skakel wat jou na die aanlyn vorm toe neem om die betrokke persone se besonderhede in te vul. Sodra betaling ASOOK alle besonderhede van elke lid ontvang is, sal elke persoon individuele kommunikasie ontvang om sy/haar eie Wolkskool profiel te gaan skep. Daarna sal personeellede toegang verkry tot die raadsale en inhoud.

5. Buiten vakgerigte hulpbronne, watter nuwe voordele is daar vir skole om aan te sluit?

Toegang as onderwyser tot al Die Wolkskool se video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke. Voorts gaan onderwysers toegang kry tot die SOS se splinternuwe Vraagbank waar hulle toetse en vraestelle kan genereer met reeds gemodereerde vrae. Sien volledige voordelelys hierbo.

6. Sal individue nog kan aansluit by SOS?

Ongelukkig nie, slegs skole kan aansluit. Die nuwe skole-aanbod is uiters billik en bied ’n groter waarde-aanbod vir die volle personeel. Daar word tans gewerk aan ’n baie aanloklike nuwe individuele aanbod wat vroeg in 2023 bekendgestel sal word. Indien ons jou moet herinner aan ons individuele aanbod, sleutel asseblief jou besonderhede hier in.

7. Op watter leerlingtal word daar gewerk ten einde die skaal te bepaal?

Op 2023 se volle ingeskrewe leerlingtal van elke skool. Dit behoort te korreleer met die 15de skooldagstatistiek. Skole met hul eie kleuterskole self besluit of hulle die kleuterskool apart wil laat registreer of eerder as deel van die skool.

8. Waarvoor moet my skool alles begroot vir SOS in 2023?

Buiten skale vir registrasie, ten minste een fisiese seminaar per onderwyser @ R250/persoon, asook die jaarlikse nasionale SOS-kongres (20-22 Junie) waar SOS-skole 10% afslag sal ontvang.

9. Watter voordele sal daar vir die SOSV/skakelpersoon wees?

50% afslag vir die skool se SOSV vir bywoning van ons SOS-kongres, asook ’n persoonlike geskenk met registrasie by die kongres.

10. Waar kan ek enige verdere navrae rig?

Gesels met ons