-
2022
-
2021
-
2020
-
2019
-
2018
2022/03/10 - Minder skooltyd tydens COVID lei tot agterstande in abstrakte Wiskunde-konsepte en taal
In die lig van die uitdagings wat die afgelope twee jaar se inperkings meegebring het, het leerders bo verwagting goed gevaar in Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Gestandaardiseerde Eksamen (GSE) van 2021. Wiskundige Geletterdheid se slaagsyfer was veral baie hoog (97,6% vir Graad 10 en 99,5% vir Graad 11), maar gebreke in sommige leerareas was wel opmerklik.
2022/02/02- SOS Matriekverslag 2021: Moedertaal matrieks blink uit
Die verslag bied jaarliks ’n oorsig van Afrikaanse skole se prestasies in vergelyking met die nasionale uitslae om die voordeel van moedertaalonderrig te bepaal. Volgens die verslag het daar 230 Afrikaanse enkelmediumskole, wat 24 024 kandidate verteenwoordig, verlede jaar die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se NSS-eksamen geskryf.
2022/01/20 - Die impak van COVID op matriekuitslae is minder as verwag, maar is dit geloofwaardig?
Ten spyte van twee jaar se uitdagings as gevolg van die pandemie, is die DBO se slaagsyfer vanjaar 76,4%.
2022/01/06 - Skoolplasings buite ouers se beheer
Die nuwe skooljaar begin op 12 Januarie vir binnelandse skole en in Gauteng is baie ouers steeds onseker of hulle kinders geplaas is of ongelukkig oor waar hulle geplaas is.
2021/11/08 - Grondslagfase-onnie is die Onnieveerder van die Jaar!
Marietjie Havenga, ʼn Grondslagfase-onderwyser by Laerskool Skuilkrans, is die afgelope naweek gekroon as die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Onnieveerder van die Jaar. Die toekenning vorm deel van Solidariteit se Onderwyser van die Jaar-toekenningsgeleentheid.
Foto: Lize-Mari Verster
2021/10/26 - Matrieks is gereed, maar is hulle fiks?
Skole is bekommerd dat matrieks nie eksamenfiks is nie, omdat hulle sedert die pandemie verskeie eksamengeleenthede misgeloop het. Dit kan tot gevolg hê dat leerders se konsentrasie nie deurgaans volgehou kan word nie, en hulle tydsbeplanning te kort skiet tydens eksamens.
2021/09/09 - GDO-toelatingsproses: Vrae oor aanlyn stelsel
Fase 2 van die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) se aanlyn toelatingproses open Maandag, 13 September om 8:00 vir Graad 1- en Graad 8-leerders (wat nie tydens Fase 1 kon aansoek doen nie). Volgens die GDO is daar tydens Fase 1 ʼn totaal van 351 169 aansoeke ontvang. Die SOS bevraagteken dié syfers.
2021/08/02 - GDO-toelatingsproses ʼn skending van leerders se regte
Die GDO se gesentraliseerde aanlyn toelatings is veronderstel om die effektiewe bestuur van toelatings vergemaklik. Voortdurende veranderings aan dié stelsel en inmenging deur die GDO, het egter die afgelope vyf jaar egter daartoe gelei dat meer tyd en mannekrag as ooit tevore nodig is om Gr.1 en Gr. 8 leerders suksesvol by skole in te skryf.
2021/07/14 - Die Wolkskool bied weer gratis Gr. 12-slypskool
Gedurende die Julie-eksamen kry leerders gewoonlik ʼn eerste noodsaaklike “eksamen inoefening”-geleentheid, maar met die vroeëre sluiting van skole in Junie het leerders in sommige gevalle dié geleentheid heeltemal misgeloop. Die Wolkskool bied op 20 en 22 Julie 2021 regstreekse klasse in Wiskunde en Wetenskap aan en bou voort op verlede jaar se aanbod (wat op die tweede kwartaal se werk gefokus het).
2021/07/08 - Privaatsektor bied meer bekostigbare onderrig-alternatiewe as “Kubaanse kenners"
Die Suid-Afrikaanse privaatsektor en meester-onderwysers uit eie geledere kan beter en meer bekostigbare oplossings bied vir uitdagings in die onderwyssektor as sogenaamde “Kubaanse kenners”.
2021/07/06 - Tegnologiese sprong tydens Covid verbeter onderrig in die klas
“Die onderwyslandskap het oor die afgelope 15 maande onherroeplik verander, met snelle vooruitgang in tegnologie wat onderrig verryk en skole se kritiese rol in die samelewing vergemaklik om kultuuroordrag van geslag tot geslag te verseker.”
2021/06/28 - Inenting-chaos veroorsaak groter agterstande
Skole word deur die Departement van Onderwys (DBO) aangemoedig om by die skedule vir inentings te hou, maar verskeie is met hul aankoms by inentingsentra weggewys omdat geen entstowwe beskikbaar is nie. Privaat skole en personeel wat nie oor Persalnommers beskik nie, is ook na bewering die afgelope week weggewys.
2021/06/02 - Inentings vir onderwysers moet prioriteit wees
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun oproepe deur onderwysvakbonde dat die inenting van onderwysers teen Covid-19 ʼn prioriteit moet wees.
2021/04/21 - Skooltoelatings moet taal in ag neem
Die sentralisering van mag oor skoleplasings deur die Departement van Onderwys (DBO) het reeds nadelige gevolge vir skole ingehou. Die voorgestelde toelatingsbeleid het ten doel om selfs méér mag aan die DBO te gee.
2021/04/01 - Voorgestelde veranderinge aan Kodering- en Robotikakurrikulum moeilik uitvoerbaar
Die vereistes om Robotika suksesvol aan te bied, is omvattend en die Departement van Onderwys (DBO) – of skole – gaan groot aanpassings aan hulle begrotings moet maak om die nodige toerusting aan te koop en in stand te hou.
2021/03/05 - SOS vereer Afrikaanse skole vir topprestasies
Die top 20-Afrikaanse skole se 5 160 kandidate het altesaam 10 956 onderskeidings in die 2020-eindeksamen behaal.
2021/03/02 - Eksamengerig of toekomsgereed?
“Standaarde mag nooit verlaag word ter wille van ’n hoër slaagsyfer nie. Ons wil graag sien dat die volle potensiaal van leerders ontsluit word.”
2021/02/25 - Minder onderwysers, hoër druk op infrastruktuur
ʼn Skrale 0,8%-groei in die begroting vir die vergoeding van onderwysers, asook onderwysers wat vroeër aftree, veroorsaak ʼn ernstige tekort aan die aantal beskikbare onderwysers. Die tesourie erken sélf dat die gebrek aan geld vir onderwysers se salarisse tot “negatiewe leeruitkomste” sal lei.
2021/02/22 - 2020 se matrieks wys hul veerkragtigheid
Die SOS wil die sukses van 2020 se matriekgroep, saam met hul hardwerkende onderwysers en ouers, vier en glo dat 2020 nie net ʼn jaar van uitdagings was nie, maar ook een van groot geleenthede.
2021/02/19 - Eis dieselfde hoë standaarde van alle eksamenliggame
“Die IEB maak onder andere van gevorderde tegnologie gebruik om die integriteit van eksamens te verseker en word aan baie hoë standaarde gehou. Die DBO kan gerus aan dieselfde standaarde gemeet word.”
2021/02/04 - SOS bied geloofwaardige plaasvervanger vir ANA's
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Gestandaardiseerde eksamen (GSE), wat vir die eerste keer in 2018 afgelê is, bied ’n onafhanklike en geloofwaardige plaasvervanger vir die Departement van Basiese Onderwys (DBO) se Jaarlikse Nasionale Assessering (ANA) wat in 2014 die laaste keer plaasgevind het.
2021/01/15 - Skole langer toe - Aanlyn onderrig bied sekerheid
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) beklemtoon dat aanlyn onderrig ʼn noodsaaklike deel uitmaak van onderwys tydens die pandemie. Verdere verlies aan onderrigtyd sal leerders benadeel – veral in skole wat steeds nie opsies vir aanlyn leer in plek het nie.
2021/01/13 - Geen grondige rede om skole later te heropen
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun die veilige heropening van skole. Dit is belangrik dat leerders so gou moontlik terugkeer skool toe om verdere akademiese agterstand te voorkom. Skole is veiliger omgewings as ander openbare ruimtes. Hul roetine om die Covid-pandemie te bekamp is omvattend en verlede jaar reeds deeglik ingeoefen.
2020/12/14 - SOS eis steeds verantwoording by DBO oor matriekeksamen
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) eis steeds ʼn dringende en volledige ondersoek na die uitlek van die onderskeie vraestelle en verantwoording van die relevante rolspelers, naamlik die DBO en die oortreders wat die oorsprong was van die uitlek van die vraestelle.
2020/12/08 - TIMMS 2019: SA steeds te ver onder minimumstandaard
Die nuutste Trends in International Mathematics and Science Study, oftewel TIMMS-uitslae is op 8 Desember tydens ʼn nuuskonferensie deur die Departement van Basiese Onderwys bekendgemaak.
2020/11/18 - Onverantwoordelike optrede deur GDO skend leerders se regte
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se hoof van Ontwikkeling, Melanie Buys sê: “Leerders se regte word geensins beskerm nie en dit is onverskillig van die LUR om skole wat reeds moet voldoen aan Covid-19 regulasies, verder onder druk te plaas omdat die GDO vooraf geen voorsiening gemaak het vir die staking nie.”
2020/11/04 - Matriek 2020: Die eindstreep is in sig!
Die Raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding (Umalusi), het vroeër gesê alhoewel hulle die groen lig vir die eksamen gee, hulle nie ten gunste was dat die standaard van die eksamen verlaag word nie. Die SOS ondersteun dié stelling ten volle en glo matrikulante verdien dat hul eksamen steeds geloofwaardig bly.
2020/10/01 - DBO se “onsekerheid” oor leerders kommerwekkend
Minister Motshekga het vanoggend die jongste maatreëls vir skole tydens ʼn nuuskonferensie bekend gemaak. Die DBO se “onsekerheid” oor leerders wat hulself nog in landelike gebiede bevind en nog nie teruggekeer het skool toe nie, is kommerwekkend. Dit terwyl leerders veronderstel is om reeds vier maande lank al terug te wees by die skool, al is dit op roterende basis.
2020/09/24 - SOS vier Erfenisdag met suksesvolle virtuele kongres
Die keuse van Groei as tema vir die SOS se eerste virtuele kongres,e groei wat vanjaar op alle terreine by skole ervaar is. Die kongres was aan die voorpunt van tegnologie met 21 sprekers, 20 unieke wegbreeksessies en boonop ʼn Braaidagboodskap van Jan Braai - alles aanlyn!
2020/08/25 - Minister Zulu moet bedank
Daar is egter steeds talle kleuterskole wat nog nie kon heropen nie. Gebrek aan noodsaaklike befondsing, gebrek aan persoonlike beskermende toerusting en intimidasie deur die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling (DSD) se amptenare kniehalter pogings om broodnodige sorg aan kleuters te voorsien.
2020/07/30 - Agt planne om steeds die skooljaar te red
Ten spyte van hewige teenkanting en grondige bewyse dat dit nie in die beste belang van skole en leerders is nie, het pres Ramaphosa op 23 Julie aangekondig dat openbare skole vanaf 27 Julie tot 24 Augustus 2020 weer sluit. Die SOS ondersteun steeds die verantwoordelike en veilige voortsetting van onderwys en het verder planne bekendgemaak om te verseker dat leerders die akademiese jaar sinvol voltooi.
2019/11/04 - Sentralisering van 2020-toelatings veroorsaak grootskaalse benadeling van leerders
"Die LUR van onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi se begeerte om beheer oor toelatings te neem deur die 'nuwe, verbeterde aanlynplatform', is die oorsaak van grootskaalse chaos."
2019/09/17 - SOS en AfriForum neem regstappe om Gautengse onderwysplasings uit te stel
"Verskeie skole in is uiters ontsteld oor foutiewe plasingslyste wat hulle sedert Vrydag 13 September van die Gautengse Onderwysdepartement (GDO) ontvang het."
2019/09/11 - Besigheidstudies – Stappe geneem om 2018 se slagting te voorkom
"Verskeie stappe is die afgelope paar maande geneem om te verseker dat die 2019-matriekeksamen vir Besigheidstudies nie dieselfde beroerde uitslae lewer as in 2018 nie."
2019/08/21 - Duur munisipale tariewe knou gehalte-onderrig in Afrikaanse skole
"Verskeie stappe is die afgelope paar maande geneem om te verseker dat die 2019-matriekeksamen vir Besigheidstudies nie dieselfde beroerde uitslae lewer as in 2018 nie."
2018/12/20 - Gratis universiteitonderrig is alles verniet as basiese onderwys nie op pyl is nie
“Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun aanbevelings deur die International Monetary Fund (IMF) dat die regering eerder basiese onderwys moet prioritiseer, as om gratis hoër onderwys te finansier.”
Gesels met ons
Kontakbesonderhede
- (012) 612 0234
- Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion 0163
- [email protected]
Word 'n borg
Word 'n borg en stel so jou produk/diens bekend, terwyl jy help om volhoubare Afrikaanse onderwys te verseker.
©2022 Skoleondersteuningsentrum
| Bepalings en voorwaardes | Privaatheidsbeleid | Handleiding vir toegang tot inligting |