fbpx

Mediaverklarings vir 2018

2018-12-20: Gratis universiteitonderrig is alles verniet as basiese onderwys nie op pyl is nie

“Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun aanbevelings deur die International Monetary Fund (IMF) dat die regering eerder basiese onderwys moet prioritiseer, as om gratis hoër onderwys te finansier.

2018-11-20: Gautengse departement van onderwys versuim om skole te vergoed vir kwytskelding

“Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) doen ‘n beroep op die Gautengse departement van onderwys om openbare skole behoorlik te vergoed vir miljoene rande se skoolfonds wat jaarliks kwytgeskeld word.

2018-11-18: Gautengse skole kry net 2% van skoolfonds wat hulle kwytskeld, terug

“Die Gautengse departement van onderwys het vanjaar begroot om net 2% van skoolfonds wat skole kwytgeskeld het, aan hulle terug te betaal.”

2018-11-18: Niemand weet steeds hoeveel skole Lesufi werklik gebou het nie

“Die SOS twyfel sterk dat Lesufi meer as een skool ’n maand kon oopmaak. Dit boonop sonder die gewone media teenwoordigheid wat gewoonlik hiermee gepaardgaan.”

2018-11-14: Mediaverklaring oor Afrikaanse letterkunde matriekvraestel

Behalwe ’n paar foute en ’n moeilike onvoorbereide gedig, is matrieks tevrede met die Afrikaans Letterkunde vraestel wat Woensdag landswyd geskryf is.

2018-10-29: Matrieks krap kop oor tweede Wiskunde-vraestel

"Vanoggend se matriek-wiskunde-vraestel was moeilik, met selfs ’n paar foute en swak vertaalwerk wat leerlinge kon verwar en onnodige punte kan kos. So sê leerlinge, onderwysers en Wiskunde-kenners verbonde aan die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) oor die tweede Wiskunde vraestel wat matrikulante landswyd op 29 Oktober geskryf het."

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skoleondersteuningsentrum.