Mediaverklarings vir 2020

2020-05-20: Skoolgaan is goed vir kinders

Die SOS verwelkom die feit dat minister Angie Motshekga bevestig het dat leerders regoor die land wel op 1 Junie moet begin terugkeer skool toe, maar dring aan op meer magte aan skole en provinsies om hul eie terugkeerplanne te maak. Volgens die minister se plan sal slegs Gr. 7 en Gr. 12-leerders op 1 Junie met kontakonderrig begin, terwyl ander grade mettertyd ingefaseer word.

2020-05-06: Innovering as hulpbron binne onsekerheid

Die voortdurende uitstel van die departement om maatreëls aan te kondig, laat leerders al verder agter raak met hul onderrig. Dié agterstand is veral ‘n realiteit vir leerders aan skole wat geen aanlyn opsies bied of ander planne maak om leerders by te staan om tuis te werk nie.

“Skole se belangrikste hulpbron is hul vermoë om innoverend op te tree. Gebruik die hulpbronne tot jou beskikking."

2020-05-01: Beheerliggame moet self oor skole se opening besluit

Die SOS verwerp die minister van Basiese onderwys, Angie Motshekga, se onverwagse en onverklaarbare uitstel van die begin van kontakonderwys. Dit dien nie die beste belang van leerders en onderwysers nie. Die demokraties verkose beheerliggame van skole moet die reg hê om saam met skoolbestuurspanne oor die opening van skole te besluit. Hulle ken hul skole se omstandighede en weet die beste wat in die belang van hul leerders en onderwyspersoneel is.

2020-04-15: SOS ondersteun reg tot skoolonderrig

Die ekonomiese impak van die Covid-19-inperking word ook in skole ervaar, waar sommige ouers reeds nie in staat is om skoolfonds te betaal nie. Dit beïnvloed skole se kontantvloei drasties en dit is veral onderwysers wat deur skole se beheerliggame aangestel is, wat eerste in die slag kan bly.

2020-03-16: Vyfpuntplan vir skole om by te bly tydens Korona

President Cyril Ramaphosa het Sondagaand tydens ’n regstreekse toespraak aangekondig dat Dinsdag, 17 Maart die laaste skooldag van die kwartaal sal wees en eers na Paasnaweek (14 April) sal heropen. ‘n Groot deel van hierdie tyd val gelukkig binne die skoolvakansie, maar effektief kan leerders 11 skooldae verloor. Dit is belangrik om tydens hierdie tyd kontinuïteit in onderrig te verseker.

2020-03-09: Graad 1’s moet juis teruggehou word...

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) verwelkom Panyaza Lesufi, LUR vir Onderwys in Gauteng, se onderneming dat “al die grade van Graad R tot 12 van nou af belangrik is”, maar voel dit dui op ‘n erkenning dat slegs Graad 12 in die verlede as belangrik beskou is. Die gejaag na goeie matriekmatriekuitslae oorskadu die probleme wat in die vroeë ontwikkelingfase ondervind word.

2020-03-03: SOS inspireer karakterbou van leerders tydens sportseminaar

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het gister hulle nuwe Rassie Erasmus Sportvereniging in Centurion bekendgestel. Die vereniging hoop om by te dra tot die karakterontwikkeling van jong sportsterre, maar meer belangrik, die vestiging van wedersydse respek op die sportveld.

2020-02-19: Dryf dié uittog die onderwysstelsel tot rommelstatus?

‘n Uittog van ervare onderwysers dreig opnuut ná Cosatu se plan dat R250-miljard uit die Pensioenfonds vir Staatsamptenare (GEPF) geneem word om Eskom se skuld te help delg. Soos ander staatsamptenare, is onderwysers bekommerd dat hierdie plan sal veroorsaak dat daar oor ’n paar jaar niks van hul pensioen oor sal wees nie.

2020-02-05: SEA - Leerders moet ten alle tye eerste gestel word

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) se beplande onafhanklike evaluasie-owerheid (SEA) vir skole. Die owerheid het ten doel om onderwysers wat deurlopend afwesig is, of onderwysers wie se werk nie op peil is nie, vas te vat.

2020-01-28: Gauteng se plasing-chaos duur voort

Die skooljaar is al byna drie weke aan die gang en steeds is plasings van Gauteng-leerders nog nie afgehandel nie. Skole se akademiese programme word ontwrig en leerders wat besig is met klasse word ontneem aan hulle basiese reg tot onderwys, terwyl ander tuis sit omdat hulle steeds nie plek in skole kry nie.

2020-01-21: Swak onderwys perk jongmense se geleenthede in

"Die toekoms van Suid-Afrika lê in sy jeug, maar die politici se fokus op slaagsyfers eerder as beter onderwystandaarde ontneem jongmense van ‘n billike kans om hul potensiaal te bereik. Gesonde leerkulture in topskole is van uiterse belang wanneer dit by matriekuitslae kom en word jaar op jaar hierdeur bevestig."

2020-01-15: Lesufi verantwoordelik vir chaos met plasings van leerders

"Die plasing van leerders in Gauteng se skole het vanjaar weens die sentralisering daarvan, in totale chaos ontaard. Terwyl mnr. Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, vol selfvertroue verwys na die 99,2% leerlinge wat in die provinsie geregistreer is, is daar steeds die 0,8% graad eens en graad agts wat nie kon uitsien na ‘n nuwe skooljaar of enige voorbereidings tref nie."

2020-01-14: Rus matrieks eerder toe vir die toekoms

"Die matriekuitvalkoers van leerders in graad 12 bied ernstige stof tot nadenke. Volgens die DBO se syfers het daar in Januarie 2019 altesame 616 754 voltydse leerders ingeskryf om die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen af te lê. Slegs 504 303 van die leerders het egter die eksamen in November geskryf."

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skoleondersteuningsentrum.