Wolkskool vir matrieks ʼn reuse-sukses

31 March 2020

Die Korona-pandemie gaan nie matrieks se voorbereiding in die wiele ry nie! Danksy die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Wolkskool, kon duisende Afrikaanse matrieks vanoggend afskop met regstreekse uitsendings van klasse. Matriek-leerders kan tot 9 April 2020 elke weeksoggend om 08:30 inskakel vir regstreekse lesse, om voor te bly met hulle skoolwerk. Hierdie diens word gratis deur…

Lees meer

Besigheidstudies – Stappe gedoen om 2018 se slagting te voorkom

11 September 2019

Verskeie stappe is die afgelope paar maande gedoen om te verseker dat die 2019-matriekeksamen vir Besigheidstudies nie dieselfde beroerde uitslae lewer as in 2018 nie. Volgens inligting wat die Skoleondersteuningsentrum (SOS) ontvang het, het die Departement van Basiese Onderwys verskeie maatreëls in plek gestel om ’n herhaling van die 2018-matriekuitslae vir Besigheidstudies te voorkom. Die…

Lees meer

Duur munisipale dienste knou gehalte-onderrig by Afrikaanse skole

21 August 2019

21 Augustus 2019 Navorsing wat die Skoleondersteuningsentrum (SOS) onderneem het, wys dat skole onder geweldige finansiële druk geplaas word weens die koste van water en elektrisiteit, wat jaarliks vinniger as inflasie styg. Hierdie druk het ’n direkte gevolg op die jaarlikse styging in skoolfonds. Weens astronomiese munisipale rekeninge, bestee skole ook minder geld aan noodsaaklike…

Lees meer

Lesufi se uitsprake oor taalbeleid onwaar en misleidend

20 August 2019

20 Augustus 2019 Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is geskok oor Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, se foutiewe uitlatings tydens ’n onderhoud op Talk Radio 702 Vrydag, 16 Augustus. Tydens die onderhoud voer Lesufi aan dat alle skole se taalbeleid deur wetgewing nietig verklaar is en dat geen skool op hierdie tydstip oor ’n geldige taalbeleid…

Lees meer

GDO moet toelatingsregulasies korrek toepas tydens plasingsproses

19 August 2019

14 Augutstus 2019 Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is in die proses om ’n regsbrief aan die Gautengse Departement van Onderwys te rig, om die departement te verplig om die toelatingsregulasies korrek toe te pas wanneer hulle gr1 -en gr.8-leerders by skole plaas. Ouers het tot einde Julie geleentheid gehad om hul kinders deur middel van die…

Lees meer

Mediaverklaring: Motshekga se begroting stel tevrede, mits geld reg bestuur word

16 July 2019

16 Julie 2019 Die SOS is tevrede dat die minister van basiese onderwys (DBO) haar begroting wil aanwend vir die bevordering van voorskoolse onderrig, robotika en die uitbou van inheemse tale. Ons sal egter moet sien of geld reg bestuur word om die doelwitte wat minister Angie Motshekga Dinsdag in haar begrotingsrede genoem het, te…

Lees meer

Toelatingsbeleid

10 July 2019

Die GDO het einde Mei 2019 ‘n pro-forma toelatingsbeleid aan skole gestuur, met ‘n gepaardgaande Omsendbrief 3 van 2019 wat voorskryf hoe die skool te werk moet gaan om ‘n nuwe toelatingsbeleid te aanvaar. Neem egter kennis dat die omsendbrief bloot riglyne bied en dat skoolbeheerliggame vry is om die pro-forma aan te pas, of…

Lees meer

Ervare skoolhoofde bestuur hul tyd meer effektief

10 June 2019

Skoolhoofde aan Afrikaanse skole bestee die meeste van hul tyd aan administrasie, buitemuurse aktiwiteite en dissiplinering van leerlinge. Dit wil egter voorkom of hoofde met meer as 15 jaar ervaring hul tyd meer effektief bestee as hul minder ervare kollegas. Dít is etlike van die bevindings wat gemaak is na aanleiding van navorsing wat die…

Lees meer

SOS stuur weer regsbrief aan GDO oor taal

06 June 2019

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bewus van bepaalde distrikskantore van die Departement van Onderwys in Gauteng (GDO), wat skole opdrag gee om aansoeke te aanvaar vanaf leerders wat in ‘n ander taal wil skoolgaan as die skool se taal van onderrig en leer. Afrikaanse skole word dus deur die departement voorgesê om leerders te aanvaar wat…

Lees meer

Chaos met aanlyn-toelatingsproses in Gauteng

21 May 2019

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is vanoggend oorval met klagtes vanaf gefrustreerde ouers wat sukkel om hul kinders op die aanlyn-registrasieplatform by die skool van hul keuse in te skryf. Voornemende gr.1 -en gr. 8-leerders kon sedert 08:00 vanoggend by Gautengse skole inskryf vir volgende jaar. Applikante het egter verskeie probleme met die stelsel ondervind. Verskeie applikante…

Lees meer

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skoleondersteuningsentrum.