Moenie wonder nie – Wolkskool!

2022-08-10

Die SOS se onlangse navorsing oor die doeltreffendheid van aanlyn leer, vervleg met kontakonderrig, het gewys dat 67% van die leerders wat na inperkings steeds voortgaan met Die Wolkskool, aanvullend tot kontakonderrig, se punte drasties verbeter het. Die navorsingsvraelys is deur gesinne regoor die land voltooi.

Die Wolkskool was gratis beskikbaar om leerders te ondersteun tydens 2020 se inperkings. Sedertdien gebruik duisende leerders die platform óf as ʼn ekstra-klas hulpbron of as deel van hulle skool se kurrikulum.

“Meer as twee derdes van ouers bevestig dat gereelde gebruik van Die Wolkskool die akademiese prestasie van leerders verbeter. Leerders wat Die Wolkskool minstens een keer per week gebruik, het feitlik almal  ʼn drastiese verbetering in hulle punte gesien. Ons is baie bly om te sien dat meeste Wolkskoolleerders die platform gereeld gebruik.”

Valentyn van der Merwe, hoof van Innovasie by die SOS

Volgens ouers het hul kinders se punte met 10% – 30% verbeter.

“Ons het agtergekom dat Die Wolkskool maklik genoeg vir laerskoolleerders is om self te gebruik. Meer as 70% van ouers hoef slegs van tyd tot tyd te help. Die meeste leerders kan onafhanklik op die platform werk.”

Laerskoolhoof

Die Wolkskool word boonop met uitstekende resultate in die klaskamer geïmplementeer. Die navorsing wys dat Die Wolkskool ook doeltreffend tuis deur individuele leerders gebruik word. Meer as die helfte van die gesinne wat aan die navorsing deelgeneem het, gebruik Die Wolkskool as ekstra klas tuis, terwyl 45% dit as bykomende hulpbron in die klas gebruik.

Die Wolkskool is ʼn wêreldklas aanlyn leerplatform vir leerders in graad 1 tot 12, met meer as 16 000 videolesse, werkkaarte en aflaaibare werkboeke. Individuele leerders kan by Die Wolkskool aansluit teen slegs R118 per maand. Dit bied hul toegang tot alle vakke en alle grade.  Agt laerskool- en 16 hoërskoolvakke se werk word volledig gedek. Die Wolkskool-platform maak van die jongste tegnologie gebruik en bied ʼn stabiele en vinnige aanlyn leerervaring. Die Wolkskool-app is lig op data en verseker dat inhoud enige plek, enige tyd beskikbaar is- in Afrikaans!

“Met die derde kwartaal wat voorlê, is dit die ideale tyd om nuwe leerdoelwitte te stel. Ouers moenie wag tot aan die einde van die jaar om hul kinders te help om hul akademiese prestasie te verbeter nie. Maak Die Wolkskool nou reeds deel van die oplossing om skoolwerk in ʼn japtrap te verstaan.”

Valentyn vd Merwe, hoof van Innovasie by die SOS.

Moenie wonder nie – Wolkskool. Besoek wolkskool.co.za vandag nog.

Gesels met ons