fbpx

ʼn Broodnodige KOPskuif oor dissipline

Gedragsprobleme van leerders is een van die grootste probleme in klaskamers wat onderwysers daagliks in die klas ervaar. Volgens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Stresnavorsingverslag wat in 2021 gepubliseer is, is die swak dissipline in Afrikaanse klaskamers die grootste bron van stres vir 24% van onderwysers. Daarom fokus die SOS by ons KOPskuif-kongres op doeltreffende maniere om dissipline te hanteer.

Die kongres bestaan uit ‘n Leierskapkongres (21 Junie) en Onderwyskongres (22 en 23 Junie) en word fisies aangebied by Accolades Konferensiesentrum in Midrand.

By die Leierskapkongres gaan Marius Botha van Marius Botha Konsultante gesels oor dissiplinêre verhore. Marius is die stigter van Marius Botha Konsultante en het uitgebreide ervaring om skole se dissiplinêre verhore te hanteer en bied vir leiers raad oor die essensies wat nodig is om suksesvolle dissiplineer te hanteer.

Tydens die eerste dag van die Onderwyserskongres word daar deur verskeie kenners raad gegee oor dissipline in skole.

Antoinette Steyn, gesels oor die hantering van dissipline vir 3 tot negejariges.  Antoinette die stigter van die EQ4Kids-program en bied ʼn unieke benadering met intervensies deur middel van spel en gedragsanalise.

Sonnette Swart bied ʼn sessie aan oor die hantering van dissipline in laerskole. Sonnette is ʼn remediërende onderwyseres by Laerskool Rustenburg en sal onderwysers touwysmaak oor die beste strategieë om laerskoolleerders se dissipline te verbeter.

Vir hoërskoolonderwysers bied Wilna van Heerden, skoolhoof van Hoër Meisieskool Bloemhof, bied uit haar ervaring as skoolhoof van een van die land se beste Afrikaanse skole raad oor die hantering van dissipline in ʼn hoërskoolomgewing.

Sessies oor dissipline

  1. Essensies van suksesvolle dissiplinêre verhore vir leerders
    Marius Botha
  2. Dissipline hantering 3-9 jaar
    Antoinette Steyn
  3. Dissipline hantering in die laerskool
    Sonette Swart
  4. Dissipline hantering in die hoërskool
    Wilna van Heerden

Kongresbesonderhede:

Plek: Die Accolades Konferensiesentrum in Midrand
Datum: 21 tot 23 Junie 2022
Koste:
Volle SOS-Kongres: (21 tot 23 Junie) – R4 600 (slegs R4 100 vir SOS-lede)
Leierskapkongres: (21 Junie) – R 2 700 (slegs R2 100 vir SOS-lede)
SOS-Onderwyskongres: (22 & 23 Junie) – R3 300 (slegs R2 900 vir SOS-lede)
SOS-Onderwyskongres: (22 of 23 Junie) – R 2 000 (slegs R1 700 vir SOS-lede)

Sluitingsdatum 7 Junie 2022

Laai volledige kongresprogram hier af


Tags


Lees meer...