fbpx

‘n Geleentheid om die stadskoene te verruil vir bosveld vellies

Die belangstelling vir die Jong Stadsboer Veldskool vir Oktober maand is oorweldigend. Hierdie is die 5de Jong Stadsboer Veldskool wat aangebied word met belangstelling wat uit hulle nate bars.  Ons sien baie uit daarna om u kinders te ontvang vir ‘n tyd wat hulle nooit sal vergeet nie en waarvandaan hulle kan terugkeer met die reuk van die Bosveld in hulle siel!

Die jong Stadsboere, Gr 8-10, arriveer op 02 Oktober en mag huis toe gaan op 9 Oktober 2022 – dit is nou as hulle wil want die terugkeer sal swaar wees na ʼn week op Berchtesgaden.  Slegs 30 studente kan inskryf, moet dus nie tyd verwyl nie!  Indien vir welke rede daar ‘n opening is sal ons ook Gr 7’s en 11 jong stadsboere verwelkom.

Die program se doel is om ons jeug die geleentheid te gee om beide boer- en wildsplaas te ervaar asof hul (seun en dogter) eie. Na ʼn vol dag op die boerplaas tussen die beeste, skape, hoenders, varke, kalwers en lammers en die boerbokke OF aktiewe dag in die bosveld op die spoor van ʼn Koedoe bul keer alle Stadsboere terug na die Lodge waar hulle in ʼn veilige omgewing die stilte van die nag sal ervaar.  Dit is ook hier waar hulle 3 maaltye ʼn dag sal geniet en die ryk volroom melk wat hulle vanoggend van Jersey en haar maats gemelk het sal drink – by die kanne vol.  Het jy al vars volroom met Nesquik gedrink? – TO DIE FOR !!

‘n Baie wye kurrikulum is voorberei deur geakkrediteerde span leiers met jare se ondervinding. Elke student sal werklik hier uit stap met soveel kennis dat hulle waarskynlik kan begin boer – in die agterplaas vir eers. As jou kind energiek, lief vir die natuur, lief vir die breë boerdery begrip, avontuurlustig en goed in die buitelewe kan funksioneer is sal hierdie ʼn week wees wat hulle nie moet mis nie.  Daar is so min geleenthede waar ons kinders werklik die vryheid van die natuur kan ervaar – bied hulle hierdie geleentheid; hulle is in veilige hande. 

As jy so bietjie meer in jou het as die Jong Stadsboer, dan is die Rateltaai Avontuurkamp vir Gr11’s net vir jou.  Sou jy graag met mede-matriek-maters vir oulaas wil kuier maar nie lus het vir die Ballito of Plettenbergbaai-partytjies nie is die Matriek Safari uitgeknip vir jou.  Vind meer uit hieroor deur e-pos te stuur aan [email protected]

Deur die volgende skakel te kliek sal u meer uitvind van die Jong Stadsboer Veldskool.  Die inskrywingsvorm is hier aangeheg.


Tags


Lees meer...