fbpx

Norme en Standaarde vir taal in openbare skole

Die Nasionale Onderwyswet maak voorsiening vir skole om hul eie taalbeleid te formuleer en toe te pas. Nuwe toelatingsregulasies wat in Maart deur die Gautengse Departement van Onderwys gepubliseer is, wil dit laat voorkom of taal nie ‘n rol mag speel in die toelating van leerders tot ‘n bepaalde skool nie.

Die Nasionale Norme en Standaarde vir taalbeleid aan openbare skole maak dit egter duidelik dat ‘n skool wel sy eie taalbeleid mag formuleer en toepas. ‘n Skool diskrimineer slegs op grond van taal, indien ‘n Afrikaanse skool byvoorbeeld weier om ‘n Engelse leerder in te neem, al is die leerder bereid om in Afrikaans onderrig te word.

Laai die volledige norme en standaarde vir taal in openbare skole hier af:


Tags

Afrikaans, Afrikaanse skole, Gautengse Departement van Onderwys, Norme en standaarde, taalbeleid


Lees meer...