Normtoetse vir Graad 11

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum bied, in samewerking met kundiges, ’n spesiale geleentheid vir Afrikaanse Gr.11-leerders om hul taal-en wiskunde vaardighede te slyp in voorbereiding vir die aflê van die Nasionale Normtoets (NNT). Dit sal in die Oktober-skoolvakansie (26 Oktober en 29 Oktober) virtueel per Zoom-platform geskied.

Sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Oktober 2020 om middernag.

Koste is R150 elk vir Taal- en Wiskunde-vaardigheid.

Bankbesonderhede:
Rekeningnaam: Skoleondersteuningsentrum
Bank: FNB
Takkode: 252445
Rek: 62794628548
Verwysing: NNT+Naam en Van
Tipe: Tjekrekening

Stuur bewys van betaling aan 
[email protected] - Gebruik "subject line" van e-pos: Bevestiging van bespreking : NNT toets

Aanbieders:

Taalvaardigheid vir verdere studie: Prof. Albert Weideman is professor in toegepaste taalstudie aan die Universiteit van die Vrystaat en buitengewone professor in taalonderwys aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Hy lei ook LCaT se werkwinkels in akademiese geletterdheid.

Wiskunde-vaardigheid vir verdere studies: Duard le Roux - Purple Pepper Maths eienaar en hoogs ervare Gr.12 NBT-opleier in Wiskunde.

Wanneer vind toetse plaas?

Maandag 26 Oktober

  • Taalvaardigheid 09:00 – 10:00 (voorbereiding en aflê van toets moet binne ’n 48 uur tydsraamwerk plaasvind).
  • Wiskunde vaardigheid - 11:30 – 12:30 (toets moet binne 48 uur tydsraamwerk plaasvind en dan is die uitslag onmiddellik beskikbaar).

Donderdag 29 Oktober

  • Taalvaardigheid 09:00 – 10:00 (ontvang uitslag en bespreking van resultate volg).

Sekuriteit:
Elke leerder sal individueel ’n unieke wagwoord vir deelname ontvang, sodra betalingsbewys ontvang is.

Navrae:  Rig navrae aan Colette Scott by [email protected].  Sluitingsdatum vir inskrywings is 22 Oktober 2020 om middernag.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.