Ons wens jou ‘n baie voorspoedige, welverdiende vakansie toe!
Danksy jou ondersteuning het ons hierdie kwartaal baie vermag en met al die nuwe inskrywings het heelwat kinders baat gevind by Die Wolkskool. Daar is sommer baie nuwe videos, assesserings en werkkaarte gelaai – alles betyds vir die belangrike eksamenkwartaal wat voorlê.
Vir ons onderwysers het daar hierdie kwartaal ‘n hele paar nuwe vakverenigings ontstaan. As jy nog nie ‘n lid van ‘n vakvereniging is nie, sluit asseblief hier aan. Die voordele oortref die skamele R 200 per jaar! Bespreek solank jou plek vir Oktober se seminare: Sportseminaar, Wes-Kaapse Robotikaseminaar en die SOSV-seminaar.
Hieronder verskyn skakels na lekker vars leesstof vir die vakansie. Geniet dit!
Vriendelike groete
Die SOS-Span
Ns. Moet asseblief nie vergeet om die uitstekende Wolkskoolpakket vir skole onder jou skool se aandag te bring nie.
Triomfantelike Tienerkursus 2020
Karakterontwikkeling en waardeonderrig deur Elsabe Aldrich.