fbpx

Onder 25 jaar? Kry gratis toegang tot Microsoft Office

Valentyn van der Merwe, Hoof van Die Wolkskool by die Skoleondersteuningsentrum

Microsoft het goeie nuus vir enigiemand tussen die ouderdom van 8 en 24 jaar. As deel van hulle inisiatief om Suid-Afrikaners by te staan met tegnologie gee Microsoft vir jongmense gratis toegang tot hulle immer-gewilde Microsoft Office-pakket sowel as 5TB se stoorplek. ‘

Mahala.ms is Microsoft se nuutste projek wat Suid-Afrikaners in staat stel om meer doeltreffend in ʼn digitale wêreld te funksioneer. Mahala.ms het ten doel om onderwys in Suid-Afrika ʼn reuse-hupstoot gee.

Mahala.ms bied jou toegang tot die Office 365 portaal waar jy ʼn gratis lisensie vir die Microsoft Office 365 suite kan opeis. Hierdie lisensie is geldig op feitlik enige rekenaar of slimfoon. Die pakket se waarde is ongeveer R1800 en bestaan uit Word, Powerpoint, Excel, OneNote en Outlook.

Saam met die Microsoft Office 365 suite kry jy ook 5TB se spasie op Microsoft se OneDrive wolkgebaseerde stoordiens.

Om toegang te kry benodig jy ʼn Suid-Afrikaanse Identiteitsnommer en ʼn geledige e-posadres. Registreer sommer nou by https://mahala.ms/signup/.  


Tags


Lees meer...