Onderwyser-gesin van Utrecht wen R30 000 se skoolgeld

2021-10-21

deur Marlien van der Westhuizen, Navorser by Skoleondersteuningsentrum

Met twee ouers wat self onderwysers is, is gehalte onderwys uiters belangrik vir die Fuhri-gesin. Daarom was dit net logies dat hulle jongste kinders in Hoërskool Pionier sou beland – waar hulle van Die Wolkskool gehoor het.

Mnr Riaan Muller (Skoolhoof), Nathan Fuhri (pryswenner) en Valentyn van der Merwe (SOS: Hoof van Innovasie)

Volgens Jaco Fuhri, ʼn departementshoof by ʼn LSEN-skool in Utrecht, is dit belangrik dat hulle kinders in ʼn skool is waar hulle hul eie kultuur kan beleef. “Hoërskool Pionier is ʼn wonderlike Afrikaanse skool wat nie net met akademie uitblink nie, maar ook op sport- én kultuurgebied. Hulle doen regtig baie moeite om hul leerders die beste moontlike raad te gee en het tydens die inperking aanbeveel dat ons Die Wolkskool gebruik om die skoolwerk beter te verstaan.”

Nathan Fuhri is tans in Graad 11 en kan daarmee spog dat hy nie net in die Noord-Natal Jeugkoor sing nie, maar ook op die rugbyveld uitblink. Hy, nes sy susters Rochelle en Michelle, maak gebruik van Die Wolkskool om hul skoolwerk te hersien sodat hulle die konsepte beter kan verstaan.

Jy kan, soos die Fuhri-gesin, die volgende die Kop-in-die-wolke-wenner wees. Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn  gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking. Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand. Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek by:

Gesels met ons