fbpx

Leerders en onderwysers opgewonde oor Die Wolkskool!

Onderwysers en leerders wat reeds Wolkskool gebruik, kan nie uitgepraat raak daaroor nie!

Wolkskool, ’n inisiatief van die Skoleondersteuningsentrum, is ’n digitale platform waar leerders aanlyn-videolesse kan kyk oor kurrikulum-inhoud. Die videos word aangebied deur van die land se top vakspesialiste. Leerders kan boonop hul kennis toets deur werkkaarte aanlyn te voltooi en oombliklike terugvoer te ontvang.  

Die Wolkskool word reeds deur skole soos die Laerskool Groblershoop in die Noordkaap, Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch en die Hoërskool Zwartkop in Centurion gebruik. Hierdie skole se onderwysers en leerders is almal opgewonde oor Die Wolkskool en meen dit kan ’n verskil maak aan hul Wiskunde-punte.

’n Opname onder leerders van die Laerskool Groblershoop wys dat 75% van hulle baie opgewonde is om Wolkskool te gebruik. 65% het gesê dit is vir hulle belangrik om tegnologie in die klaskamer te gebruik en 70% het gesê hulle glo Wolkskool sal hul punte verbeter. Die Wolkskool word sedert Junie vanjaar hier gebruik.

Groblershoop 7 mooi
Leerders van die Laerskool Groblershoop tydens ‘n Wolkskool-les in die klas.

“Ons is baie opgewonde en sien reeds hoe Wolkskool van die moontlike druipelinge help om die werk beter te verstaan. Dit is ook handig dat elke leerder op sy eie spoed kan werk,” sê Rienette Bosch, Wiskunde-onderwyser aan die Laerskool Groblershoop.

’n Ouer van ’n leerder aan Orania CVO Skool was in ekstase toe haar kind by die huis kom en sê: “Ma, ek verstaan nou vir die eerste keer!”, nadat hulle Wolkskool in die klas begin gebruik het. Die skoolhoof, Johan de Klerk, het ook aan die SOS gesê die gedrag en werksaamheid van leerders is baie positief tydens die gebruik van Wolskool in die klaskamer. “Ek het lanklaas kinders so stil en onafhanklik sien werk,” sê De Klerk.

Een leerder aan die Orania CVO Skool verduidelik sy ervaring met Wolkskool as volg: “Wolkskool verduidelik die werk baie goed sodat mens kan verstaan. Die videos en notas help ook baie.” Nog n leerder sê, “Ek sal graag wil aangaan met Wolkskool. Die ekstra oefeninge en videos help my regtig baie.” Ander skole kan nou ook hul leerders in groot maat by Die Wolkskool inskryf, teen n fraksie van die gewone prys per leerder. Vir meer linligting, klik hier: https://skole.co.za/wolkskoolpakket/

Groblershoop 6 mooi
Leerders van die Laerskool Groblershoop gebruik tablette om toegang tot Die Wolkskool te kry.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags

Die Wolkskool, Laerskool Groblershoop, tegnologie, Volkskool Orania, Wiskunde


Lees meer...