Wat bied die SOS aan onderwysers
Verruim jou onderrigstrategieë met SOS
Die SOS bied ‘n verskeidenheid aanlyn en aflyn hulpmiddels om jou te help om effektief te onderrig. Deur die Wolkskool kry onderwysers toegang tot ‘n wêreldklas aanlyn leerplatform met inhoud wat belyn is met die KABV-kurrikulum. 16 verskillende vakverenigings bied Raadsale met hulpbronne en opleidingsgeleenthede om onderwysers te ondersteun in hul professionele groei en om uitnemendheid in elke klaskamer te bevorder.
Opleiding
Verenigings en hulpbronne
WolkskoolDirek
Ondersteuning vir elke klaskamer
Ontwikkel deur meesteronderwysers, sluit ons hulpbronne op Wolkskool videolesse, werkkaarte en assesserings in — alles in Afrikaans. Van laerskool tot hoërskool bied ons materiaal vir elke graad om jou klaskamer te verryk en leerders te help om op hul eie pas te leer.
- KABV-belynde inhoud
- Videolesse en assesserings
- Flitskaarte en meer
Goeie navorsing is die grondslag van effektiewe onderrig
Neem ingeligte, data-gedrewe besluite wat leeruitkomste verbeter
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) doen deeglike navorsing om die beste onderrigpraktyke te identifiseer en te bevorder. Ons stel ook jaarliks ‘n Matriekverslag saam wat ‘n oorsig gee van die vorige jaar se NSS-uitslae. Daarbenewens doen ons navorsing oor skole, die welstand van onderwysers en verskeie ander onderwysverwante kwessies om onderwysers en skole voortdurend te ondersteun met relevante en waardevolle insigte.
- Matriekverslag
- Verskeie gidse vir beste onderrigpraktyke
- Handleidings
Blogs

Slim plan? Groot probleem opgelos? Vertel ons – en wen!
April 16, 2025

Verlig jou skool se sportveld met Afrison se Industriële LED Stadionligte!
April 9, 2025

Die twee gesigte van Wiskunde: Kies jy moed of vrees?
April 7, 2025

Die waarde van hardoplees vir kinders in die Grondslagfase
March 26, 2025

Is jy ’n fluitjieblaser of ’n rasieleier?
March 17, 2025

Pi: Die getal wat Wiskunde ‘n fees maak!
March 10, 2025

Die vergete geskenk van verveeld wees in ‘n gejaagde wêreld
February 26, 2025

100 jaar van Afrikaans: bou woord vir woord aan die toekoms
February 21, 2025

Onrealistiese verwagtings in die onderwys: Hoekom onderwysers grense moet stel
February 4, 2025
Kontak ons
As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.