Wat bied die SOS aan onderwysers
Verruim jou onderrigstrategieë met SOS
Die SOS bied ‘n verskeidenheid aanlyn en aflyn hulpmiddels om jou te help om effektief te onderrig. Deur die Wolkskool kry onderwysers toegang tot ‘n wêreldklas aanlyn leerplatform met inhoud wat belyn is met die KABV-kurrikulum. 16 verskillende vakverenigings bied Raadsale met hulpbronne en opleidingsgeleenthede om onderwysers te ondersteun in hul professionele groei en om uitnemendheid in elke klaskamer te bevorder.
Opleiding
Verenigings en hulpbronne
WolkskoolDirek
Ondersteuning vir elke klaskamer
Ontwikkel deur meesteronderwysers, sluit ons hulpbronne op Wolkskool videolesse, werkkaarte en assesserings in — alles in Afrikaans. Van laerskool tot hoërskool bied ons materiaal vir elke graad om jou klaskamer te verryk en leerders te help om op hul eie pas te leer.
- KABV-belynde inhoud
- Videolesse en assesserings
- Flitskaarte en meer
Goeie navorsing is die grondslag van effektiewe onderrig
Neem ingeligte, data-gedrewe besluite wat leeruitkomste verbeter
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) doen deeglike navorsing om die beste onderrigpraktyke te identifiseer en te bevorder. Ons stel ook jaarliks ‘n Matriekverslag saam wat ‘n oorsig gee van die vorige jaar se NSS-uitslae. Daarbenewens doen ons navorsing oor skole, die welstand van onderwysers en verskeie ander onderwysverwante kwessies om onderwysers en skole voortdurend te ondersteun met relevante en waardevolle insigte.
- Matriekverslag
- Verskeie gidse vir beste onderrigpraktyke
- Handleidings
Blogs
Vyf wenke om jou beeste in een kraal te hou
April 14, 2026
Geskiedenis moet begrip skep, nie ideologie verkondig
April 10, 2026
Die gevaar is nie KI nie, dis die uitkontraktering van ons denke
March 28, 2026
Onderwysers kry praktiese insigte by “Kou die Wiskunde-toffie”-seminaar
March 24, 2026
Huiswerk? Miskien kyk ons verkeerd daarna
March 18, 2026
Kweek ’n Wiskunde-wenner: 5 praktiese wenke vir ouers
February 16, 2026
Welkom in die klaskamer van 2026: ’n Oorlewingsgids vir die nuwe “Onnie”
January 12, 2026
Matriekuitslae: Wanneer wag swaar weeg
December 8, 2025
Waarom handskrif steeds saak maak ✏️
November 24, 2025
Kontak ons
As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.