Gebeure

Nasionale kongres

Ons sien reeds uit na die 13de Nasionale SOS-kongres wat in 2025 plaasvind!

Begroot solank vir drie dae van leer, nuwe netwerke bou en tonne pret!

Die SOS help om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker ter wille van elke kind wat skoolgaan. Die SOS bied jaarliks verskeie opleidingsgeleenthede aan om onderwysers asook lede van skoolbesture en beheerliggame met die nodige vaardighede toe te rus sodat hulle aan die voorpunt van vernuwende onderwys bly.

Elke leerder, 'n bousteen vir 'n sterker gemeenskap

Onnieveerder

Nomineer nóú jou Onnieveerder

Innoverende onderwysers, of Onnieveerders, speel ‘n deurslaggewende rol in die vooruitgang van onderwys. Hulle bring nuwe energie na die klaskamer, wat akademiese prestasie verbeter en leerders inspireer om kritiese en kreatiewe denke te ontwikkel.

Die Onnieveerder-kompetisie het twee fokusareas:

Vir onderwysers

‘n Onnieveerder Onderwyser van 2024 word aan 4-kategorieë gemeet.

Kategorie 1: Digitale bestuur van leer en gebruik van leer data

Die persoon gebruik digitale gereedskap om leer te bestuur – versamel leerderdata, analiseer dit en gebruik die data om besluite te maak.

Kategorie 2: Diverse gebruik van onderrigmetodes

Gebruik ‘n verskeidenheid van onderrigmetodes volgens leerders se individuele behoeftes en kurrikulumdoelwitte.

Kategorie 3: Deel van beste praktyke

Beste praktyke word gedeel met ander onderwysers op verskeie platforms en geleenthede.

Kategorie 4: Meting van impak en doelwitstelling

Die onderwyser meet die impak van sy onderrig aan duidelike doelwitte en beplanning.

Die persoon hoef nie noodwendig aan al vier kategorieë te voldoen nie. Daar gaan finaliste en wenners in elkeen van die vier kategorieë gekies word.

Sluitingsdatum: 5 Oktober 2024

Vir skoolhoofde

Die Skoolhoof speel ’n sleutelrol in die kweek van ’n kultuur van innovasie in hul skole.

Skep professionele ruimte vir onderriginnovasie:

Die hoof skep ‘n omgewing waarin onderwysers aangemoedig word om die kurrikulum te innoveer.

Voorsien hulpbronne en ondersteuning vir innovasie:

Bied die nodige hulpbronne en ondersteuning aan onderwysers om innovasie aan te moedig.

Skep geleenthede vir professionele ontwikkeling:

Daar is ruim geleentheid vir onderwysers om professioneel te groei en ontwikkel.

Ons nooi alle onderwysers uit om jou hoof te nomineer vir hierdie kategorie.

Sluitingsdatum: 5 Oktober 2024

Glansgeleentheid

Die genomineerdes in al hierdie kategorieë, sal na die glansryke “Onnieveerder van 2024”-geleentheid genooi word op 27 November te AfriForum Teater, Pretoria (reis- en verblyfkostes vir wenners sal betaal word).

Tydens dié spesiale geleentheid sal die Onnieveerder Skoolhoof en Onderwyser van 2024 bekroon word.

Kontak vir Alida vir enige navrae: [email protected]

Teken in op ons nuusbrief