Onderwysposte Beskikbaar

Die volgende beheerliggaamposte, waarvan een moontlik departementeel kan wees, is tans beskikbaar vir aanstelling 1 Januarie 2020. 

Skool:  Hoërskool Wesvalia, Klerksdorp, Noordwes

Medium van onderrig:  Afrikaans

Kandidate moet oor die nodige toepaslike kwalifikasies (minstens 2de jaar universiteitsvlak) in die geadverteerde poste beskik om tot graad 12 effektief op hoë standaard onderrig te kan gee.  Kandidate moet gemotiveerd wees, die skool se visie, missie en etos onderskryf en bereid wees om op buite-kurrikulêre gebied effektief betrokke te wees.

Die volgende sal as aanbeveling dien vir al die geadverteerde poste:

  • Opleiding in afrig en/of skeidsreg van sport of kultuuraktiwiteite
  • Goeie vak- en ander administratiewe vaardighede
  • Kennis en ervaring van klaskamertegnologie en rekenaarvaardigheid

Rig aansoekvorm (by skool beskikbaar; tel 018-468 1023), volledige CV, gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies, ID-dokument, SARO-registrasie, 2 x referente en ander relevante inligting aan:

Die Skoolhoof
Hoërskool Wesvalia
E-pos: [email protected]
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2019 om 14:00

Indien u teen Donderdag, 31 Oktober 2019 geen inligting vanaf die skool ontvang nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol.

Poste beskikbaar:

  1. Afrikaans Huistaal graad 10 – 12
  2. Engels eerste addisionele taal graad 10 – 12 Afrikaans Huistaal, graad 10 – 12 (Een pos)
  3. Ingenieursgrafika en ontwerp graad 10 – 12 Landboutegnologie graad 10 – 12 (Een pos)
  4. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe graad 8 – 9
    Kultuur graad 8 – 9
    Tegnologie graad 8 – 9 (Een pos – moet in ten minste een van genoemde vakdissiplines tot graad 12 effektief kan onderrig)

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags


Lees meer...

Gesels met ons