fbpx

Onnieveerder van die Jaar gekroon

Vandag is Internasionale Onderwysersdag en ná  ʼn jaar soos 2020 met méér as die normale uitdagings, het ons almal opnuut respek vir die harde werk wat onderwysers doen. Die gehalte van ʼn onderwysstelsel is net so goed soos die gehalte van sy onderwysers. Afrikaanse onderwys se gehalte is uitnemend, dit vergelyk met die wêreld se bestes.

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) weet dat toponderwysers tegnologie gebruik om leer te optimaliseer. Daarom is die SOS-Onnieveerder van die Jaar-kompetisie geloods. ‘n Onnieveerder is ‘n onderwyser wat buite die boks dink, innoverend is, aanlyn leer op ‘n praktiese vlak aanwend en daardeur ‘n positiewe verskil in leerders se onderrig maak.

Die SOS het tientalle inskrywings vir die kompetisie ontvang en het vanoggend die wenner by haar skool in Brakpan gaan verras. Noelene Smith is ʼn RTT-onderwyser by die Hoërskool Stoffberg en is deur een van haar Gr. 11-leerders genomineer.

“Juf Smith het ons so mooi op datum gehou gedurende grendeltyd en moeite gedoen om gereeld werk te stuur, en ook ons elkeen persoonlik gemotiveer om hard te werk,” sê een van die leerders.

Smith was verbaas oor die toekenning, maar sê dit kon nie op ʼn beter tyd kom nie. Dit gee haar weer moed dat sy, ten spyte van talle uitdagings, weet sy maak ʼn verskil vir haar leerders. Mr. Koos Boshoff, hoof van Hoërskool Stoffberg, sê hy is trots dat die eerste Onnieveerder van die Jaar deel is van sy personeelkorps en dat dit ‘n sprekende voorbeeld is van die mooi tradisies wat die skool nastreef.

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...