Ontmoet ons Onnieveerders: Amori Weyer

Ons het gaan kers opsteek by van ons top Onnieveerders vir 2022 sodat ons hulle beter kan leer ken.


Amori Weyer LS Rustenburg foto

Amori Weyer

Laerskool Rustenburg


1. Hoe lank is jy al in die Onderwys?               

Ek is al so plus minus 9 jaar in die onderwys. Ek het al groener weivelde gaan soek en was vir ‘n rukkie weg uit die onderwys, maar het besef dat die onderwys werklik my passie is.

2. Watter vakke bied jy aan en vir watter grade?    

Ek bied Afrikaans aan vir Gr. 4, 5 en 6 leerders.

3. Wat is die hoogtepunt van jou werksdag?            

My hoogtepunt is definitief pouse en om saam my kollegas te sit en koffie drink……hahahaha grappie. Elke dag het maar sy hoogte en laagtepunte, maar ‘n hoogtepunt vir my is om te sien hoe ‘n leerder iets waarmee hy gesukkel het ewe skielik bemeester. Dit is letterlik asof daar ‘n gloeilampie bo-op hulle koppe aangaan en om daarna te sien hoe hulle selfvertroue groei.

4. Wat dink jy is die rol van tegnologie in die klaskamer?             

Tegnologie speel natuurlik ‘n belangrike rol. Leerders word in ‘n heeltemal ander era as ons daarom is dit belangrik om van tegnologie gebruik te maak in die klaskamer. Tegnologie is deel van die leerder se daaglikse bestaan, daarom is dit belangrik om dit deel van jou klas te maak.

5. Hoe dink jy gaan onderwys in die volgende vyf jaar verander?           

Persoonlik dink ek ons gaan nog meer van tegnologie gebruik maak as wat ons nou doen. Ek dink ons gaan baie min van handboeke en skrifte gebruik maak en  alles gaan meer elektronies wees. Bv. tablette, fone of skootrekenaars.

6. Wat maak jou opgewonde oor die toekoms van onderwys?              

Ek is opgewonde oor die toekoms van onderwys, want daar is organisasies wat ons as onderwysers ondersteun en help groei.

7. Lys vyf byvoeglike naamwoorde om Die Wolkskool te beskryf.         

Innoverend, gemaklik, oulik, pret en knap.

8. As jy die antwoord op een vraag oor jou toekoms kon leer, wat sou dit wees?     

Wie gaan my trouman wees?

9. Watter vreemde of nuttelose talent het jy?         

Ek kan soos ‘n bobbejaan blaf.

10. As jy ‘n superheld kan word, wat sal jou spesiale talent wees?        

As ek ‘n superheld was was my spesiale talent om ander mense se gedagtes te kan lees.

Onnieveerder geborg deur VirSeker


Tags

Onnieveerder, SOS


Lees meer...

Storielees tuis

Storielees tuis