Ontmoet ons Onnieveerders: Jeandré Boshoff

Ons het gaan kers opsteek by van ons top Onnieveerders vir 2022 sodat ons hulle beter kan leer ken.


Onnieveerder Jeandre Foto

Jeandr´e Boshoff

Hoërskool Stellenbosch


1. Hoe lank is jy al in die Onderwys?               

Twee jaar.

2. Watter vakke bied jy aan en vir watter grade?    

Ek het verlede jaar Wiskunde gegee vir Graad agt en nege. Hierdie jaar is ek op akademiese
ondersteuning: ondersteuning van leerders van verskillende grade wat belangrike akademiese
fondasies mis.

3. Wat is die hoogtepunt van jou werksdag?            

Die tyd wat ek met leerders spandeer in die klas, op die sportveld of in die kultuurkamer.
En natuurlik die Wiskunde.

4. Wat dink jy is die rol van tegnologie in die klaskamer?             

Tegnologie is beslis ’n hulpbron wat onderwys kan ondersteun. Mens kan funksioneer sonder tegnologie en ons moet soms weens hulpbronne of beurtkrag, maar dit verander nie die feit dat tegnologie ’n hulpmiddel is nie. Onderwysers moet oopkop wees oor hierdie hulpbron ten einde hulle leerders so goed moontlik te onderrig.

5. Hoe dink jy gaan onderwys in die volgende vyf jaar verander?           

In ons land is enige iets altyd moontlik. Daar is wel wˆereldwyd ’n tendens dat tegnologie al hoe meer in klasse absorbeer word.
Verder verander die kultuur waarbinne ons leef: polities en sosiaal. Ek dink ons sal aanhou om hierdie eksterne verandering gereflekteer te sien in ons leerders en klasse. Sekere veranderinge is positief, maar nie alles nie. As onderwysers, ouers en gemeenskappe nie staan vir wat goed en reg is nie, sal grondgebied verloor word.

6. Wat maak jou opgewonde oor die toekoms van onderwys?              

Dat ek kan deel wees daarvan. Ook dat daar soveel onderwysers is wat werklik omgee vir hulle leerders.

7. Lys vyf byvoeglike naamwoorde om Die Wolkskool te beskryf.         

Behulpsaam, nuut, innoverend, bedagsaam en waardevol.

8. As jy die antwoord op een vraag oor jou toekoms kon leer, wat sou dit wees?     

Wat moet ek nou leer om later ’n verskil later te maak?

9. Watter vreemde of nuttelose talent het jy?         

Ek ken π tot 35 desimale plekke.

10. As jy ‘n superheld kan word, wat sal jou spesiale talent wees?        

Om mense te kan troos in nood en wat dit nodig het: Die superkrag van vertroosting.

Onnieveerder geborg deur VirSeker


Tags

Onnieveerder, SOS


Lees meer...