Ons kinders word geoffer vir radikale eise

Copy of GRATIS 62

Kinders is vir radikale onderwysvakbondeise geoffer. Daar is geen navorsing wat wys dat die sluit van skole in die beste belang van die kind is nie. Die teendeel is egter oor en oor bewys. Die vakbonde was eenvoudig roekeloos. Hulle het die land ge’taxi’.  Daar is ʼn direkte verband tussen SADOU se eise en hierdie besluite.

Solidariteit en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) gaan omvattende regsadvies inwin aangesien daar geen waarborg kan wees dat die redes vir die sluiting binne vier weke gaan verander nie. Daar moet ʼn rasionaal wees om regulasies in te stel, maar ook om dit te wysig. Die rasionaal kan nie eise van vakbonde wees nie.

Die huidige regulasies bepaal dat skole wat veilig is, moet oop. Dit is die beste belang vir die kind.

Wêreldwyd wys dit dat sluit van skole nie die infeksiesyfer vertraag nie, oordrag aan en van kinders is laag en simptome is as ʼn reël lig. Die besluit oor matrieks is wel wys.

Eenvoudige oop en toe besluite kan nie werk nie. Provinsies, streke en selfs woongebiede se infeksiesyfers verskil. Die Noordkaap kan nie met Gauteng vergelyk word nie. Skole en gesinne moet besluite kan neem volgens hulle unieke omstandighede en beheerliggame is die verkose liggame uit die skoolgemeenskap wat die besluite moet neem.

Absolutes moenie sentraal afgedwing word nie. Die sluit van skole kan nie in isolasie gesien word nie. Dit het vernietigende gevolge vir beheerliggaamposte en die onderwyssektor in geheel. As die ekonomie oop is en die skole sluit, plaas dit kinders en ouers in onhoudbare situasies.

Kinders sonder toesig is meer blootgestel aan die virus en talle ander risiko’s. Met elke sluiting van skole val meer kinders uit die stelsel met lewenslange gevolge.

Die SOS sal soos in die verlede ouers en onderwysers ondersteun om steeds goeie onderwys in die tyd te kry.

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...

Gesels met ons