fbpx

#OnsSalSelf die toekoms van skole verseker

deur Leon Fourie, Uitvoerende Hoof: Skoleondersteuningsentrum

LEon
Leon Fourie

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) was altyd gereed om ondersteuning aan skole te bied, maar Covid-19 het die behoefte soveel groter gemaak. Danksy die veerkragtigheid van die SOS se personeel het dit moontlik gemaak dat ons oplossings kon bied vir duisende onderwysers en leerders regoor die land. 

Na die aankondiging van die inperking het die SOS dadelik begin met regstreekse uitsendings vir 8 kernmatriekvakke wat deur meer as 7000 matrieks bygewoon is.

Binne ʼn paar dae is Die Wolkskool se platform skaal en uitbrei van +- 10 000 leerders na meer as 120 000 leerders, die funksionaliteit uitbrei tot ʼn volledige leerderbestuursplatform. Om aan die behoefte te voldoen, het ons spesialisonderwysers gekontrakteer en ons personeel uitbrei tot 52 personeel wat inhoud skep vir Die Wolkskool. Ons is tans besig om inhoud te genereer vir al 7 laerskool en 15 hoërskoolvakke, en daar is reeds duisende videolesse, assesserings, werkkaarte en hulpbronne op Die Wolkskool.

Vir individuele leerders kan Die Wolkskool uitstekend aangewend word vir ekstra klasse deur die loop van die hele jaar. Skole kan dit ook gebruik om hulle eie waardeaanbod aan ouers teen ʼn fraksie van die koste te verhoog

Onderwysers kan Die Wolkskool gebruik om vervlegteleer te implementeer, waar kennis oordrag by die huis is, leerders voorbereid in die klas inkom, en huiswerk in die klas gedoen kan word, om sodoende hulle fisiese onderrigtyd optimaal kan benut.

Die opleiding van onderwysers het voortgegaan, maar in ʼn nuwe webinaar-formaat, met selfs ons eerste Virtuele kongres in September. Ons kon deurlopend aan meer as 30 000 onderwysers opleiding bied o.a. oor hoe om die krisis te hanteer, verkeie regsake, hoe om nuwe tegnologie effektief aan te wend.

Ons het jare lank voorberei vir ʼn krisis wat ons nie eers geweet het kom nie en nóú het die krisis ons voorberei vir ʼn toekoms van wêreldklas Afrikaanse onderwys.  


Tags


Lees meer...