

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig nuut te bou.
Om gehalte Afrikaanse onderwys – en daarmee saam Afrikaanse gemeenskappe - in die langtermyn volhoubaar te maak, ondersteun die SOS openbare skole, maar help ook bou aan 'n wêreldklas, onafhanklike skoolstelsel wat tegnologiese oplossings optimaal benut, moedertaalonderrig bevorder en gesonde kultuur- en waarde-oordrag verseker.
Ons visie:
Uitnemende skole vir volhoubare Afrikaanse gemeenskappe.
Strategie:
Die SOS het ten doel om'n landswye skolenetwerk te help bou, met 'n vlagskip skool in Pretoria wat as bloudruk sal dien vir uitnemende Christelike Afrikaanse Onderwys in skole regoor die land.
Om ’n Afrikaanse onderwyspyplyn van kleuterskool tot matriek volhoubaar te verseker, volg die SOS ‘n drieledige strategie:
- Bestaande Afrikaanse skole (openbaar sowel as onafhanklik) word ondersteun deur deurlopende professionele ontwikkeling van onderwysers. Die Wolkskool se aanlyn leerplatform met kurrikukum-inhoud, wat deurlopend aangevul word, bied aan alle Afrikaanse skole ʼn betroubare hulpbron om tegnologie deel van moderne onderrig te maak.
- Ankergemeenskappe word ondersteun om bekostigbare, onafhanklike skole te vestig, versterk en uit te bou.
- ’n Vlagskipskool word gevestig, waaroor die SOS volle beheer uitoefen. Die skool dien as bloudruk vir duplisering binne 'n konsessie. Die skool ontvang bystand, inligting, materiaal, opleiding, bemarking, en so meer vanaf die SOS om optimal te funksioneer. Gedeelde dienste word aan skole binne die konsessie en aan netwerkskole voorsien, bv. professionele onderwyser-opleiding, besigheidplanne, personeeldienste, gehalteversekering en georganiseerde interskole geleenthede.
Kopskuifjaar...
- Die SOS begin met 'n nuwe afdeling bekend as Onderrig en Leer met Johan Koekemoer as hoof
- Die SOS groei na 24 personeellede
- Na twee jaar van virtuele kongresse vind die SOS se Nasionale kongres in Midrand plaas met 475 kongreslede wat dit bywoon oor drie dae
- Fisiese seminare vind weer plaas met die kernfokus op Assessering
- Die SOS se verrykte Onderrig en Leermodel word in talle skole prakties met sukses toegepas
- Die Wolkskool groei na ongeveer 127 000 leerders
- Die SOS lei 30 000 mense op, waarvan 16 000 unieke onderwysers
- Die SOS fokus op leiding van skoolbesture insake groter selfstandigheid van Afrikaanse skole
- ’n Rekordgetal van 7000 onderwysers word lid by SOS-vakverenigings
- Die SOS skep nuwe visie: Uitnemende skole vir volhoubare Afrikaanse gemeenskappe
- Die SOS voeg die onderwysersplatform en Wolkskool saam en skep Raadsale waarbinne vakverenigings funksioneer
Jaar van groei...
- Leon Fourie word in Julie aangestel as Uitvoerdende Hoof en die SOS spog met 21 personeellede
- Webinare in die plek van seminare om Covid-19 te akkommodeer
- Die omgekeerde klaskamer as nuwe onderrig-leer model as deel van vervlegte leer
- Die Wolkskool groei na 127 000 leerders
- Die SOS lei 40 000 mense op (16 000 unieke onderwysers)!
- Die SOS hou ook hulle eerste virtuele kongres met 469 inskrywings.
Nuwe hoogtepunte...
- 17 personeellede
- Die jaarlikse kongres lok 810 onderwysers
- Eerste kongres word in die Vrystaat gehou
- Lei meer as 5 000 onderwysers op
- Die Wolkskool kry sy eerste 1 000 leerders
Eerste Leierskapkongres...
- Eerste Leierskapkongres as deel van die driedag-kongres by Saint George’s Hotel in Centurion - 732 onderwysers woon die kongres by
- Eerste internasionale toer vir skoolhoofde na VSA – nege skoolhoofde reis na Atlanta en Universiteit van Georgia
- In Julie word die SOS 'n aparte instelling, met 'n eie logo en visie
- Die kantore verskuif vanaf Helpende Hand na die Akademia-gebou in Von Willichstraat met dr. Danie Brink as Besturende direkteur
- Die SOS kry ook sy eie webwerf nl. skole.co.za
- Die Onderwysersportaal word opgerig
Die Wolkskool...
- Groei na 10 personeellede
- Die Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV) word gestig
- Die SOS-kongres by Leriba Lodge in Centurion lok 490 onderwysers
- Die Wolkskool projek begin
- Die SOS lei 2 700 onderwysers op
Nog spesialiste...
- Die SOS-personeel groei na 7 met nog spesialiste wat aangestel word
- Daar is baie nuwe fokus op die Kosblikkie en Tassie projekte
- Die VAW/GeRAT-kongres te Buffelspoort lok 243 persone
Eerste treë...
- Die Skoleondersteuningsentrum word amptelik in April gestig met Hugo Vermeulen as hoof
- SOS se tweede vakvereniging vir Afrikaans Huistaal onderwysers (GeRAT) word in September gestig
- Die Markplein word as nuwe verkoopsplatform op die been gebring
- Altesaam 1060 onderwysers is lede van die twee SOS-vakverenigings
Nog personeel...
- Altesaam drie VAW personeel word aangestel
- VAW hou weer kongres by Buffelspoort naby Rustenburg – 92 Wiskunde-onderwysers
Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers...
- Die VAW word deur dr. Danie Brink, die Uitvoerende Hoof van Solidariteit Helpende Hand gestig as eerste aksie binne die skole-terrein
- Die beweegrede agter onderwys as deel van Helpende Hand is juis dat goeie onderwys en opleiding lei tot die voorkoming van armoede
- Valentyn van der Merwe is die eerste SOS-aanstelling as Wiskunde spesialis van die VAW
- Die eerste onderwyskongres van die Beweging vind by Klein Kariba naby Bela-Bela plaas met 37 Wiskunde-onderwysers wat inskryf