Deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers
Die strikdas word deur die jare geassosieer met gesofistikeerdheid en intelligensie. Die strikdas het ontwikkel van die krawat, wat aanvanklik deur die room van die Franse adellikes gedra is. Dié rykes het dit om die beurt geërf by Kroasië, wat ’n tipe serp om die kraag gedra het.

In die vroeë 1900s het medici en akademici van Europa dié styl oorgeneem. Groot name soos Albert Einstein en Nikola Tesla se nekke was gereeld versier met imposante strikdasse.
Wiskunde, net soos strikdasse van ouds, word steeds deur die samelewing beskou as die vakgebied van die elite, Die hoop bestaan egter dat, net soos die strikdas deurgesyfer het tot die klerekas van elke Jan-Rap-en-sy-maat, Wiskunde ook deur die meerderheid aanvaar sal word . Net soos wat die strikdas meer bekostigbaar geword het weens die gebruik van tegnologie, verseker tegnologie dat Wiskunde meer toeganklik is vir enigeen wat dit beter wil verstaan.. Die Skoleondersteuningsentrum se Wolkskool is een só ’n voorbeeld.
Dit is daarom geen wonder dat die woord “strikdas” gereeld gebruik word om Wiskunde-metodes te benoem nie. Een voorbeeld is die Strikdas-metode vir die optel en aftrek van breuke in die laerskool. Hier is hoe dit werk:
Kom ons veronderstel jy het twee breuke en en jy wil hulle sommeer, dan kan jy die volgende stappe volg:

Let op die rooi pyle, die vorm daarvan is soortgelyk aan die vorm van ’n strikdas.
Nog ’n voorbeeld is die Strikdas-stelling in sirkelmeetkunde.

Die stelling is ook bekend as: “Hoeke in dieselfde sirkelsegment is gelyk”. maar onderwysers verwys graag na hierdie stelling as die strikdas-stelling. (Miskien moet ons ’n kort uiteensetting van die stelling gee?)
Benamings van Wiskunde-metodes is nog altyd oulik, kreatief en eenvoudig sodat kinders dit kan onthou. Sommige mense trap egter in die “strik” om te dink dat die mnemoniese (?) oproep van oulike metodes konseptuele begrip bevorder. Oulike benaming van metodes moet egter nooit die hoofpunt van leerders se leerervaring wees nie. Leer moet geskoei wees op diepgaande konsepsuele begripontwikkeling. Dit is tog al hoe iemand soos Einstein in sy era dit kon regkry om ’n strikdas te dra.
Ontvang ons nuusbrief
Die artikel is geskryf deur Johan Koekemoer, Hoof van die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW)
Die VAW.is die enigste Afrikaanse beroepsvereniging vir wiskunde-onderwysers. Kortkursusse, eendagkursusse en twee- of driedagkongresse is deel van die dienste wat die VAW bied.
Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (skool betaal) – R239 Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (betaal self) – R409. Lidmaatskap: Slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.
Studente en onderwys-assistente mag gratis aansluit.
VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:
- Alle hulpbronne soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle per vakverenigings waar individue aangesluit het.
- Toegang tot die SOS se onderwyser-portaal met alle voordele wat daardeur aangebied word.
- Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R250 per seminaar).
- Gratis aanlyn SARO-kursusse(SACE) (waarde – R200 per kursus).
- Afslag by kongresse (waarde – R300 per dag).
- Voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag by die kongres (waarde – R500 vir die kongres en R200 vir lidmaatskap).