Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het ’n omvattende ondersoek gedoen na munisipale koste van skole. Die verslag, wat in Augustus 2019 bekendgestel is, het uitgewys dat munisipale dienste vir baie skole onbekostigbaar raak en groeiende rekeninge soms ernstige finansiële implikasies vir skole inhou. Volgens ons verslag spandeer 61% van skole meer as R40 000p.m. aan munisipale koste – dit kom neer op meer as 10 % van die skool se bruto inkomste. Sewe persent van skole betaal R100 000p.m. tot soveel as R250 000pm aan munisipale koste. Indien skole kan regkry om munisipale koste te beperk, sal dit ‘n wesenlike besparing op die skool begroting meebring.
Om skole by te staan met die bestuur van hul munisipale rekeninge en die identifisering en regstelling van foutiewe rekeninge, stel die SOS, in samewerking met Afriforum se Plaaslike Regering Afdeling, die volgende 4-puntplan bekend:
- SOS en Afriforum vra gesprek aan met NERSA om die nasionale tariefstruktuur waarteen skole aangeslaan word, en bloktariewe vir skole, te bespreek. Ons sal ook met DWS (Department of Water and Sanitation) praat oor die watertariewe van skole.
- Help skole om te verseker dat krag- en waterverbruik korrek gemeet word, en om vas te stel of skole reg aangeslaan word. Uban Utilities sal meters teen kosprys by skole installeer (R836per meter, plus installasie koste waar nodig). Koste vir maandelikse monitering deur Urban Utilities en deurgee van lesings aan munisipaliteite beloop R100p.m. per meter. In gevalle waar dispute verklaar word, verskaf hierdie onafhanklike verbruiklesings noodsaaklike bewyse. Daar word aanbeveel dat skole pro-aktief optree en hierdie meters installeer om verbruik te bewys, voordat die punt bereik word dat die munisipaliteit dienste wil afsny of dispute verklaar word.
Urban Utilities kan direk gekontak word.
Praat gerus met Cobus van der Walt
Selfoonnommer: 072 062 0635
E-pos: [email protected]
Of besoek hulle webwerf by: www.Urbanutilities.co.za.
- Skole moet vasstel of hulle die korrekte tariewe betaal en dat hul munisipaliteit invorderings korrek hanteer. SOS se riglyn-dokument lys webwerwe, dokumente en bywette waarteen skole hul munisipale rekeninge en invorderings-optrede kan toets vir voldoening. Waar skole se tariewe of munisipaliteite se invorderings optrede afwyk, moet dispute verklaar word. SOS en Afriforum sal werkwinkels vir skole binne bepaalde munisipaliteite aanbied om riglyn dokumente en dispuut prosedures te bespreek.
Laai inligtingsdokument hier af. - Waar dit nodig is om spoliasie aansoeke in die landdroshof te bring, sal SOS en Afriforum skole ondersteun met advies. Ons sal ook behulpsaam wees indien verdere litigasie t.o.v munisipale koste vereis word.
- Maak gebruik van alternatiewe energie en waterbronne.