Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Dr. Wikus Buys
Uitvoerende direkteur: Begrond – Instituut vir Christelike Grondslagstudies
Elke kind het ’n besonderse plek in God se skepping. Die krag wat die skool het om ʼn bepaalde lewens- en wêreldbeskouing by ’n kind te vorm is groot en moet nie geringgeskat word nie.
Dr. Wikus Buys, uitvoerende direkteur van Begrond Instituut, vertel ons in hierdie episode oor die profetiese deel van onderwys, die aard van ’n Christelike skool en die rol van die gemeenskap in onderwys.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-hoe-lyk-n-christelike-skool
Johan is bygestaan deur Charlotte Fourie en André Badenhorst
Luister na Podvoeding op al die groot platforms