Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Dr. Celia Booyse
Bestuurder: Programontwikkeling en Gehalteversekering by Akademia
In hierdie insiggewende aflewering gesels Johan Koekemoer en Charlotte Fourie van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum met dr. Celia Booyse oor die huidige Suid-Afrikaanse skoolkurrikulum, die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV, ook bekend as CAPS), hoe dit ontstaan het en hoe die professionele rol van die onderwyser daardeur drasties afgeskaal is – tot nadeel van ons kinders se opvoeding. Ons gesels verder oor beginsels van byderwetse gehalte-onderwys en hoe dit bereik kan word.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-anderkant-die-kabv
Johan is bygestaan deur Charlotte Fourie en André Badenhorst.
Luister na Podvoeding op al die groot platforms!