Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Marietjie Havenga
Meesteronderwyser en skoolhoof
Vroeë kinderontwikkeling en die grondslagfase is in die onderwyssektor amper ʼn soort heilige plek. Dit is daardie eerste jare van kleuterskool en “grootskool” wat die grondslag van ons kinders se akademiese geletterdheid vorm, en die uitwerking wat ʼn opvoeder en onderrigstrategieë op daardie jonges het, is groot.
Ons gesels met Marietjie oor kinders wat hulle eie huiswerk uitdink sonder om eers gevra te word, oor hoe ons rapporte beter kan aanwend, oor die brandweer se rol by lesse, en vele meer.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-die-toekoms-van-die-grondslagfase
Luister na Podvoeding op al die groot platforms!