Podvoeding S02E05: Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?

Gespreksleier: Johan Koekemoer

Gespreksgenoot: Dr. Dirk Hermann

Bestuurshoof van die vakbond Solidariteit

Onderwys is ‘n fundamentele deel van die menslike beskawing. Dit het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die vorming van die manier waarop ons leef, dink en interaksie met die wêreld rondom ons het. Nou staar die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ongekende uitdagings in die gesig, wat die druk op funksionele openbare Afrikaanse skole net vergroot. Die ouers van vandag voel hierdie druk soos die aanbod van Afrikaanse skole jaarliks net verminder.

In hierdie episode van die reeks oor onderwys delf ons dieper in die onderwysvraagstuk van ons tyd saam met dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Ons ondersoek die uitdagings wat Afrikaanse onderwys vandag in die gesig staar en bespreek oplossings vir hierdie uitdagings.

Die kern van hierdie bespreking is die erkenning dat onderwys nie net ‘n persoonlike voordeel inhou nie, maar ook ‘n gemeenskaplike voordeel. Die opvoeding wat ons ontvang, vorm nie net ons individuele lewens nie, maar ook die kollektiewe toekoms van ons gemeenskap. Ons generasie se antwoord op die onderwysvraagstuk moet dus een wees wat verseker dat die onderwys wat ons uit die verlede geërf het, bewaar en verbeter word tot voordeel van toekomstige geslagte.

Dirk Hermann 2
Dr. Dirk Hermann

Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-hoe-lyk-die-onderwysvraagstuk-van-ons-tyd/

Luister na Podvoeding op al die groot platforms!

Spotify Podcasts
Google Podcasts2
apple podcasts2
Stitcher podcasts1

Tags

assessering, onderwystoekoms, Podvoeding, SOS


Lees meer...