



MARIUS BOTHA KONSULTANTE - KONSEP POPI-BELEID
Neem asseblief kennis dat hierdie slegs ‘n konsep beleid is en aangepas moet word om aan te pas by u skool se spesifieke omstandighede en behoeftes.
Die POPI-regulasies bepaal dat die Inligtingsbeampte van die Skool (die Skoolhoof) interne bewusmakingsessies rondom POPI moet fasiliteer om voldoening aan die Wet by die Skool te verseker. Ons het met groot sukses POPI-opleiding by verskeie skole aangebied. Die opleiding gee ‘n algemene oorsig van die POPI-wet en werp ook lig op die verpligtinge van die Inligtingsbeampte en Adjunk-Inligtingsbeamptes van die Skool.
U is welkom om met ons admin-beampte, Adel Schoeman, kontak te maak indien ons vir u sodanige opleiding kan kom aanbied. Adel kan gekontak word by [email protected] of 072 122 4049.
Ons vertrou dat die konsep beleid u sal bystaan om gereed te wees vir die implementering van POPI einde Junie 2021.
Vriendelike groete
MARIUS BOTHA KONSULTANTE-SPAN




FEDSAS: POPIA - Toerustingspakket
Gaan besoek gerus FEDSAS se webwerf om toegang te verkry tot 'n volledige lys van konsepdokumente.


PAIA - Art 51-handleiding vir skole

