Roodepoort - 21 Mei 2019

Opleiding vir wêreldklas-onderwysers

Die SOS bied op 21 Mei 2019 'n opleidingsessie vir Hoër- en Laerskool onderwysers  by  Laerskool Roodekrans in Roodepoort aan. Die opleiding word gelei deur vakspesialiste met jarelange onderwysondervinding waarby elke onderwyser (ervare of nat agter die ore) sal baatvind.

 

Hierdie opleidingsgeleentheid bestaan uit 14 sessies vir onder andere vir:

  • Wiskunde (Graad 4 -12)
  • Grondslagfase (Graad R - 3)
  • Afrikaans Huistaal (Graad 4 - 12)
  • Wetenskap (Graad 5 - 12).
  • Asook Algemene sessies om jou pedagogiese kennis te verbreed.

 

Koste beloop R250 per onderwyser, maar is GRATIS vir vakvereniging-lede.

Bankbesonderhede:

Skoleondersteuningsentrum (SOS)

FNB

Rekeningnommer: 62794628548

Takkode: 210554

Ek woon kongres by as 'n vakvereniging-lid

GRATIS

Ek woon graag opleiding by as 'n nie-lid van die SOS

R 250 vir sessie

Indien u nie 'n lid is nie, maar belangstel om aan te sluit, kontak Colette Scott deur 'n e-pos te stuur na [email protected]