Oproepe van onderwysvakbonde om matriekeksamens verder te vertraag, gaan nog druk op ʼn reeds wankelende stelsel plaas.
Funksionele skole het te midde van die krisis steeds gesorg dat hul leerders op datum bly met skoolwerk en is ook reeds gereed om rekordeksamens af te lê. Duisende matriekleerders, met die hulp van hulle onderwysers, het ook self verantwoordelikheid geneem om deur Die Wolkskool en soortgelyke aanlyn leerplatforms, op datum te bly. Verskeie hoërskole sê selfs dat hul matrieks vanjaar meer gereed is vir die eindeksamen as vorige jare.
Die matriek-eindeksamen sal vanjaar van 5 November tot 15 Desember plaasvind. Matriekuitslae gaan volgens die Departement van Basiese Onderwys (DBO) eers teen 23 Februarie 2021 bekend gemaak word. Verdere uitstel sal die 2021 studiejaar ernstig benadeel. Indien skole en universiteite eers laat in Maart 2021 met die akademiese jaar kan begin, word die gevolge van die pandemie met nog ‘n jaar uitgerek en verdiep. “Daar is geen rede om leerders wat reeds getraumatiseer is deur ʼn moeilike jaar, verder te ontwrig en boonop hul toekoms op die spel te plaas nie”, sê Melanie Buys, hoof van Ontwikkeling by die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS).
Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.