fbpx

Skryf nou in vir die Denkvaardigheidstoets op 31 Oktober 2023

André Badenhorst

Opvoedkundige navorser: SOS

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het die afgelope jare deur sy seminare, webinare en kongresse bekend as voorloper op die gebied van vernuwende onderrig. Groot vordering op die gebied van onderwys is allernoodsaaklik binne ʼn wêreld waar die pas van veranderinge al hoe vinniger raak. Veral die ontwikkeling van kritiese denkvaardighede geniet hoë prioriteit. Op skoolvlak kan en moet kinders al begin leer om kritiese denke deel van hul daaglikse omgang met die kurrikulum te maak, soos om aannames te bevraagteken, vooroordele uit te daag en nuwe idees met ʼn rasionele en skeptiese ingesteldheid te benader.

Die Denkvaardigheidstoets (DVT) wat die SOS op 31 Oktober 2023 vir graad 4-9 leerders aan alle skole gratis beskikbaar stel, is ʼn uitstekende wegspringplek om onderrig in ʼn hoë rat te sit. Indien jy ʼn ouer is, vra asseblief jou skool om jou kind in te skryf. Deeglike navorsing is gedoen en die eerste ronde is reeds in ʼn onlangse verslag vervat. Die voordele wat die DVT vir skole inhou, is enorm. Elke skool en elke ouer ontvang nie net insigte in hul spesifieke konteks nie, maar ook nuttige wenke om hul opvoeding na hoër vlakke te neem.

Volg vyf maklike stappe en registreer vandag nog vir die SOS se gratis Denkvaardigheidstoets. Hulle kry boonop ‘n maand se gratis Wolkskool-toegang tot en met 15 November, ideaal vir hersieningstyd! Alle inligting is beskikbaar op https://skole.co.za/dvt.

Nuttige bronne:

Die SOS se onlangse verslag oor Denkvaardighede

Hoe Berei Ons Kleuters Voor Vir ’n Nuwe Wêreld?

Is Jy ‘n Kritiese Denker?

Kritiese Denke En Keuses

Ontsluit Jou Kind Se Potensiaal: Assessering Van Denkvaardighede Vir Sukses

Ouerskap in Die 21ste Eeu

Vyf Maniere Om Denkvaardighede in Jou Klas Aan Te Wakker

Wat Het Kritiese Denke Met Transhumanisme Te Doen?


Tags

DVT, SOS


Lees meer...