fbpx

SOS deel van ‘n groter visie vir hoë-gehalte onderwys

Die Solidariteit Netwerk se onderwysoplossing

Afrikaanse skole en hul kundige onderwysers word as die room van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel beskou. Goeie onderwysers is onvervangbaar en speel ‘n integrale rol in die opvoeding van leerlinge en die toekoms van Afrikaanse onderrig.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is dus ‘n kritieke skakel in die Solidariteit Netwerk se onderwysoplossing om die volgende te verseker:

  • ‘n Volhoubare toekoms vir Afrikaanse onderrig.
  • Die oprigting van Akademia se Opvoedkunde Fakulteit en die oplei van toekomstige onderwysers.
  • Studiehulp aan onderwysstudente.
  • Die ontwikkeling van vakverenigings deur die SOS, vir hoëgehalte voortgesette onderrig.
  • Die ontwikkeling van ‘n onderwysstelsel deur die SOS wat openbare skole help om uitnemend te bly en om, waar nodig, ‘n wêreldklas bekostigbare privaat alternatief te skep om sodoende volhoubaarheid te verseker.

Wanneer jy dus deel word van die Solidariteit Netwerk, word jy deel van Solidariteit se onderwysoplossing. Benewens die talle voordele help jy ook bou aan die hoop vir en toekoms van ons kinders.

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.