Die SOS se kurrikulumaanbod fokus op die holistiese ontwikkeling van die kind, insluitend sy
denke, hart en liggaam, asook die ontwikkeling van kernvaardighede, houdings en kennis, met ’n spesifieke fokus op gesyferdheid en geletterdheid as die hoofvoertuie vir alle ander vakke.


’n Gids vir stasierotasie as onderrigmetode om selfgerigte leer aan te moedig – met voorbeelde uit vroeëkindontwikkeling (VKO) en die Grondslagfase. Stasierotasie is deel van ’n holistiese benadering tot onderrig waar elke stasie deel van ’n praktiese en betekenisvolle Leerervaring™ uitmaak.


Gids vir die Omgekeerde Klaskamer
Die Omgekeerde Klaskamer is ’n metode van vervlegte leer. Tradisioneel lei die onderwyser kinders se onderrig gedurende vaste periodes, waarna die kinders die inligting deur middel van huiswerk moet inoefen.Tradisionele huiswerk, ná ’n verduideliking in die klas, word vervang met aanlyn voorbereiding vóórdat kinders die klas bywoon. Die gedagte is dus dat kinders tuis voorberei en by die skool werk.
Registreer hier om die S-Leer kursus by te woon.


Gemeenskappe onderskat dikwels die krag wat hulle in ’n demokrasie kan uitoefen. Ouers by skole verteenwoordig só ’n gemeenskap.Die Suid-Afrikaanse statutêre omgewing verleen heelwat magte aan ouers, maar soms neem ouers nie daardie regte op nie.


Leesgids vir 'n gestruktureerde leesstrategie
Die SOS het ʼn omvattende Leesgids gepubliseer om Suid-Afrikaanse leerders te help om hulle leesvermoë te verbeter. Hierdie gids is spesifiek ontwikkel om onderwysers, skole en ander belanghebbendes te ondersteun om leesbegrip te verbeter. Die Leesgids is in samewerking met die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) opgestel. Verskeie kenners op die gebied van leesonderrig het as medewerkers opgetree, o.a. prof. Johan Anker, dr. Ria Taylor, dr. Melodie de Jager, Almaret du Toit, Rita van den Berg en Wilna van Rooyen, asook drie taalspesialiste verbonde aan die SOS.
Vul die vorm hieronder in en kry jou kopie vir slegs R150!

