Jou belegging in die toekoms van Afrikaanse onderwys
Die SOS-skenkingsfonds is gestig met een doel: om wêreldgehalte Afrikaanse onderwys ’n werklikheid te maak. Hierdie droom kan slegs deur die samewerking en betrokkenheid van ons gemeenskap verwesenlik word. Elke bydrae is méér as ’n skenking – dit is ’n belegging in die toekoms van ons kinders én in die volhoubare voortbestaan van ons moedertaal.
Eenmalige/maandelikse skenkings: Maak 'n eenmalige skenking om 'n direkte verskil in Afrikaanse onderwys te maak.
Testamentêre bemakings: Beleggings in die toekoms vir volgende generasies.
Toerusting: Skenk ou tegnologie om 'n verskil in skole te maak.
Skenk hier
Skenkings aan die SOS-skenkingsfonds kwalifiseer vir ʼn artikel 18A-belastingverminderingsertifikaat. (Die skenking is aftrekbaar van die skenker se belasbare inkomste en verlaag die skenker se aanspreeklikheid vir inkomstebelasting en kapitaalwinsbelasting.)
Elektroniese fondsoordrag
Vir skenkings bo R50 000, vra ons asseblief dat u dit elektronies oorbetaal. Gebruik gerus die verskafde bankbesonderhede.