fbpx

SOS stuur weer regsbrief aan GDO oor taal

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) is bewus van bepaalde distrikskantore van die Departement van Onderwys in Gauteng (GDO), wat skole opdrag gee om aansoeke te aanvaar vanaf leerders wat in ‘n ander taal wil skoolgaan as die skool se taal van onderrig en leer.

Afrikaanse skole word dus deur die departement voorgesê om leerders te aanvaar wat in Engels wil skoolgaan. Dit is teenstrydig met die GDO se skriftelike onderneming aan die SOS dat taal van onderrig en leer in ag geneem sal word tydens die plasing van leerders in Gautengse skole.

In die lig hiervan het die SOS nóg ‘n regsbrief aan die departement gestuur, waarin ons eis dat die departement optree om te verhoed dat amptenare van die departement skole keer om hul eie taalbeleid toe te pas.

Lees die brief hier:

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.