fbpx

SOS: Gereelde vrae

Gereelde vrae

Kry al jou antwoorde oor die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) hier.

Wie is die SOS? Expand

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is ’n privaat opleidingsinstansie gefokus op die professionele en persoonlike ontwikkeling van onderwysers in Suid-Afrika, die beskerming van Afrikaanse skole se regte en die ontwikkeling van oplossings vir probleme wat onderwys as ’n geheel in die gesig staar.

Die SOS werk om elke skool in ons land, waar onderrig in Afrikaans aangebied word, by te staan om in die toekoms steeds onderrig van wêreldgehalte te bly bied.

Vakverenigings Expand

Die SOS spog met 11 vakverenigings. Dié verenigings bied ‘n tuiste waardeur rolspelers in ons kinders se opvoeding professionele ondersteuning en persoonlike ontwikkelingsgeleenthede ontvang.

Elke vakvereniging het eie bepaalde voordele en word omskryf in die lidmaatskapvorms. Alle voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle word aan lede beskikbaar gestel vanaf die datum van aansluiting.

Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (skool betaal) – R239

Individuele lidmaatskap per onderwyser per vakvereniging per jaar (betaal self) – R409

Lidmaatskap: Slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, geregistreerde tuisskoolouers, studente en onderwys-assistente.

Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:

Skool betaal vir student/onderwysassistent: R116
Student/ onderwysassistent betaal self: R205

 

Lys van vakverenigings Expand

Tegniese Vakvereniging (TV)

IGO, Meganiese-, Elektriese- en Siviele Tegnologie

Graad 8 – 12

Sosiale Wetenskap-vereniging (SW)

Sosiale Wetenskappe, Geskiedenis en Geografie

Graad 8 – 12

Dr. Japie van Zyl Robotika-vereniging (JAPIE)

vir Robotika en Kodering

Graad 1 – 12

Rassie Erasmus Sportvereniging (SPORT)

Sportafrigters en -organiseerders by hoër- en laerskole

Algemene Onderwys-vakvereniging (AOV)

Algemene vereniging vir alle ander personeellede

Graad 1 – 12

Leierskapsvereniging (LV)

Skoolhoofde, Skoolbestuur en Beheerliggaamlede

Genootskap vir Regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT)

Afrikaans Huistaal

Graad 4 – 12

Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV)

Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie

Graad 8 – 12

Wetenskaponderwysersvereniging (WETO)

Natuurwetenskappe, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe

Graad 4 – 12

Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-Onderwysers (VAW)

Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Tegniese Wiskunde

Graad 4 – 12

Afrikaanse Grondslagfase Vereniging (AGV)

Alle Grondslagfase-onderwysers

Graad R – 3

 

 

Vakvereniging: Voordele Expand
  • Toegang tot hulpbronne op die SOS se onderwyserportaal by onderwysers.co.za met alle voordele wat daarmee saamgaan.
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde – R201 per kursus vir nie-lede)
  • Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
  • Voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.
Hoe sluit ek aan by ‘n vakvereniging? Expand

Onderwysers wat individueel wil registreer om lid te word by een van die SOS se vakvereniging, kyk gerus die video onder.

Blog-artikels

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans [gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Direct Your Visitors to a Clear Action at the Bottom of the Page